Britte skud hul vere reg vir koninklike troue
Britte skud hul vere reg vir koninklike troue

Britte skud hul vere reg vir koninklike troue

Die Britte skud hul vere reg vir die koninklike troue van die jaar Saterdag wanneer die trouklokke vir prins Harry en sy Amerikaanse aktrise, Meghan Markle, in die St. George-kapel gaan lui. Prins George en prinses Charlotte, kinders van Harry se broer, prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, sal deel van die gevolg wees. Meer as 500 lede van die media en 10 000 nuuskierige mense word in die omgewing van die Windsor-kasteel verwag. Elders in die wêreld gaan miljoene mense voor die kassie vasgenael sit om nie dié sprokiestroue mis te loop nie. Stoere bewonderaars van die Britse koninklike familie het al Woensdagnag buite die Windsor-kasteel uitgekamp. Foto Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!