Britz positief oor sy o.20-taak
Namibië is teen Zambië, Malawi en die Comore gegroepeer.
James Britz, afrigter van die nasionale o.20-sokkerspan, het 30 spelers vir sy oefenkamp gekies wat vandag begin.
Britz is vandeesweek deur die Namibiese Sokkervereniging (NFA) aangestel om die Jong Warriors vir die 2020 Cosafa-beker te brei wat van 3 tot 13 Desember in Port Elizabeth aangebied word.
Hy word deur Jerry Zimmer (hulpafrigter), die voormalige Brave Warrior Ephraim Tjihonge (doelwagterafrigter), Dawid Gaogoseb (spanbestuurder), Charl Botha (fiksheid) bygestaan, terwyl Herman Naobeb en Richard Jansen onderskeidelik as bagasiemeester en medikus optree.
Suid-Afrika, Mosambiek, Zimbabwe en Lesotho is in groep A geloot. Namibië is in groep B saam met Zambië (verdedigende kampioen), Malawi en die Comore. Groep C bestaan net uit drie spanne naamlik Angola, eSwatini en Botswana. Namibië se eerste wedstryd is teen Zambië op 4 Desember, Malawi drie dae later en die Comore op 9 Desember as die laaste hekkie in die groep.
Slegs die topspan in elke groep en die beste tweede geplaaste span vorder na die semifinale.
Britz sê: “Dis ’n groot eer vir my om met dié taak as afrigter toevertrou te word. Met die oog op die kwalifiserende wedstryde vir die Afcon-kampioenskap, is dit net nóg meer opwindend en beslis ’n aansporing vir my. Ons is bly daar word weer sokker gespeel en sal ons bes doen. Dinge kan net verbeter.”
Die o.20-oefengroep is: Fritz Narib, Rogiano Goagoseb, Fellip Joseph, Benjamin Pretorius, Vicenzo Ortner, Tully Nashixua, Immnauel Hamunyela, Johaness Shimweyheleni, Tjinae Maharero, Arnold Tjiveze, Derl Hoebeb, Victor Shimweyheleni, Promise Gurirab, Baron Eiseb, Ngero Katua, Amazing Kandjii, Roberto Boois, Paulus Amunyela, Xavier McClune, Deco Gonteb, Romeo Amon, Denzil Narib, Steven Damaseb, Prins Tjiueza, Edmar Kamatuka, Giovanni Narib, Llewelly Both, Pitsi Ameb, Monas Stern, Nicky Daniels, Clemence Mwashekele, Carl Tjipe, Tulela Shipanga, Geovanni Kaninab, Murphy Naobeb, Heinrich Plaatjies, Zander McClune, Junhino Jantze, Karel Gaseb, Utjita Kazongominja, Gonzales Tsuseb, Gerson Geingob, Ronin Berendt, Isack Owoseb, Kaviua Taylor, Mathew Manyekange, Nadjigwa Filipus, Leyton McGalty, Jabes Guiseb, Ndeshianda Victory, Jovane Narib, Viuaa Kuhanga, Ujamisa Siririka, Kavehungua Kavita, Clifton Dreyer.
– www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie