Broekloos en baardloos vir Movember
Broekloos en baardloos vir Movember

Broekloos en baardloos vir Movember

Reeds N$69 800 geskenk
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Sowat 11 bebaarde mans van Paratus Telecom sal op Vrydag 25 November hul baarde ten bate van die Kankervereniging van Namibië se Movember-inisiatief afskeer.

Daarna sal hulle op ’n “onbekende tyd” baardloos en broekloos van die Hilton-hotel na die Avani-hotel hardloop.

Dit volg nadat Paratus Telecom en nog 11 ander maatskappye en individue teen gisteroggend beloof het om altesaam N$69 800 aan die Kankervereniging van Namibië te skenk.

Paratus skenk N$1 000 vir elke baard wat afgeskeer sal word en het ander maatskappye, besigheidseienaars en individue uitgedaag om dieselfde te doen en enige iets vanaf N$50 en meer per baard te borg.

Ander vrywilligers is ook genooi om aan die hardlopery in Onafhanklikheidslaan deel te neem - met slegs tekkies en onderbroeke aan, wat die “fokus en druk” moet versprei.

Gerugte dat ’n sekere uitvoerende hoof ’n anderste wortel voor borge se neus gehou het, kon nie bevestig word nie. Hiervolgens sou die persoon slegs in Adamsgewaad en tekkies nael, indien enige ander borg ook N$11 000 of meer skenk.

Op nuuskierige vrae het dié hoof egter die vyfde wysiging van Amerika se grondwet voorgehou, waarvolgens ’n getuie kan weier om vrae te beantwoord waarvan die antwoorde hom kan inkrimineer.

Intussen het Paratus se uitvoerende hoof, mnr. Barney Harmse, die besturende direkteur, mnr. John D''Alton, asook ander Paratus-werknemers die borg-uitdaging aanvaar. Twee werknemers van Ricoh, Enyandi Insurance, Smith’s Distribution, Paratus Suid-Afrika (Kaapstad), Finkenstein Manor & Village, Pheno Mail, Burmeister & Partners, Office Economics asook ConnectNet het ook geld geskenk.

Die bostelegraaf het dit dat enige naelery in die nag sal plaasvind, wanneer kinders slaap en die donker dít kan bedek wat nie gesien moet word nie.

Verdere bydraes kan steeds gemaak word - kontak Paratus se skakel- of bemarkingsafdeling vir meer besonderhede. Alle bydraes word aan die Kankervereniging geskenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!