Broer en suster maak tuisonderrig lekker
Broer en suster maak tuisonderrig lekker

Broer en suster maak tuisonderrig lekker

Duo begin ’n atletiek- en sosiale klub vir leerlinge wat tuisonderrig ontvang.
Michelline Nawatises
Jeanette Diergaardt



Eran is die meesterplan van Eric en Anja Kramber.

Die naam bestaan uit die eerste letters van Eric en Anja se name.

Dié broer en suster het onlangs besluit om uit die skolestelsel weg te beweeg en is nou deel van die aanlyn CambriLearn-stelsel.

Hulle het die inisiatief geneem om ’n meer sosiale lewe vir hulself en ander tuisonderrigleerlinge te skep.

Volgens Eric is Eran meestal op atletiekbyeenkomste gefokus en hulle beplan om meer sosiale geleenthede vir tuisonderrig leerlinge te skep, sowel as minderbevoorregte kinders.

Eric en Anja het klaar ’n veldskool agter die rug en sien daarna uit om Maart weer een te hou waar ouers en leerlinge betrokke sal wees.

Eran gaan in die toekoms ook tradisionele skolesport aanbied.

“Eric en Anja hou van sport en geniet dit om sosiaal te verkeer. Hulle is op soek na ’n gesonde platform,” sê pa, Alex, wat sy kinders se grootste ondersteuner is.

Volgens Eric hou Eran matriekafskeidfunksies, sokkies, veldskole en tradisionele skoolbyeenkomste.

“Ek hoop nóg mense wil betrokke raak sodat ons gesonde sosiale funksies na nog tuisonderrigleerlinge en minderbevoorregte kinders kan uitbrei,” sê Eric.

Eran is ook tans besig om atletiek en sport by die Hoërskool Academia ’n hupstoot te gee.

Volgens die Krambers het Academia vir die afgelope ses jaar geen atletiek aangebied nie.

Die 17-jarige Eric beman Eran se sportafdeling en is ’n geregistreerde afrigter.

Anja (15) is in beheer van die reëlings vir sosiale geleenthede en bied ook ondersteuning aan haar broer.

Anja beplan om onderwys te studeer en sien Eran as ’n geleentheid om haar toekomsplanne te komplementeer.

“Oor ’n paar jaar wil ek graag hê dat 500 kinders deel van Eran moet wees,” sê Anja.

Dié jong dame wil ook boeresport deel van Eran maak, sowel as pretdae vir ouers en kinders.

Hulle teruggetrokkenheid keer nie dié broer en suster om ’n dapper glimlag op te sit en hul eie geluk te skep nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!