Broer vlug wat glo suster (7) verkrag
Denver Kisting – ’n 17-jarige tienerseun wat na bewering Vrydag op Rehoboth sy sewejarige sussie verkrag het, is steeds op vrye voet.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gistermiddag die voorval bevestig.
Volgens hom het die seun teen Saterdag – enkele ure ná die beweerde voorval – reeds op die vlug geslaan.
Daar word vermoed dat hy na die noorde van die land gevlug het. “Dit is bekend waar die verdagte hom bevind, maar hy is nog nie aangekeer nie.”
Kanguatjivi sê die polisieondersoek duur voort.
Intussen is ’n 37-jarige vrou verlede week glo deur haar kêrel se 22-jarige vriend op Oshivelo in die Oshikotostreek verkrag nadat hulle saam gedrink het.
Volgens die misdaadverslag van die polisie het die vermeende verkragter die vrou na bewering Woensdag eers by ’n kuierplek verskeie kere met ’n stok geslaan, waarna hy haar na ’n bouterrein geneem en verkrag het.
Hy is in hegtenis geneem en die ondersoek na die voorval duur voort, sê die polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie