Bronsbeeld vereer oom Daantjie
Bronsbeeld vereer oom Daantjie

Bronsbeeld vereer oom Daantjie

Rugby
Andrew Poolman
Die sportklub en rugbyklub van Wanderers het gister die gedagte in werklikheid omskep, toe 'n borsbeeld by die klubhuis onthul is wat mnr. Daantjie Louw as een van sy dekadelange steunpilare vereer.

Talle groot figure in die onlangse jare van Wanderers sportklub – hetsy rugby, krieket, muurbal of hokkie – het gisteroggend van ver en naby gekom na die spesiale geleentheid wat selfs vir Oom Daantjie (81) as 'n verrassing gehou is. Sy vrou Dorie, seun Flip (hedendaagse voorsitter van die rugbyklub) en laasgenoemde se twee kinders was ook ooggetuies.

In spreekbeurte het manne soos Muis Burger, Francois Erasmus en andere vertel hoedat hulle in die voetspore van Oom Daantjie oor sportadministrasie geleer het.

Francois Erasmus het vir jare onder meer die nasionale spanbestuurder en president van Krieket Namibië was en ook op hoë vlak rugby en sewesrugby gespeel. Hy het gesê: “Ons was geseënd om betrokke te wees gedurende 'n era waarin Wanderers oor baie bekwame administrateurs in al sy sportkodes beskik het. Oom Daantjie, jy en jou tydgenote het van Wanderers 'n suksesvolle plek gemaak en bygedra klubsport in die land op 'n kompeterende vlak gesond gehou.

“Ons kan nie weer daai eras terugkry nie en ons sal ook nie weer 'n ou soos jy hê nie.

“Voordat ek self in sportadministrasie betrokke geraak het, het ek by jou geleer om 'n ding óf voluit te doen, óf jy los dit. Óf jy reël 'n Miljoendollartrekking self en bel almal en vorder almal se geld nou dadelik in, nie môre nie ... dis hoe dit gewerk het daai jare en dis hoekom dit 'n sukses was.

“Ek dink ek praat namens 'n hele era van ouens wat ek hier sien sit, as ek vir jou dankie sê vir wat jy vir sport in ons land gedoen het en ook vir tannie Dora wat vandag nog soos 40 jaar gelede agter Oom Daantjie staan en mooi na jou kyk.”

Mnr. Danie van der Merwe het as lid van die sportklub gesê die idee van 'n bronsbeeld het sowat twee jaar gelede in die geledere van die rugbyklub ontstaan, spesifiek mnre. Neels Dodds en Liefa van Wyk.

Oom Daantjie het gesê hy en sy familie is dankbaar en geëerd deur dié mooi herinnering – “seker die grootste eer wat 'n klublid betoon kan word”.

“Wanderers sportklub is in Februarie 1920 gestig. Baie van julle wat nog jonk is, sal oor twee jaar die voorreg hê om Wanderers se honderdjarige bestaan te vier. 'n Klomp mense het baie werk gedoen om die klub suksesvol te maak vandat die stigters soos Jaap Snyman die perseel teen 'n goeie prys van die munisipaliteit bekom het. Vandag is die fasiliteite miljoene werd.

“Mense het gelag vir my idee om die Miljoendollartrekking te begin (om die rugbyklub se bedrywighede te finansier). Ek was ook maar net 'n gewone lid wat sy kant wou bring in 'n sport waarvoor ek lief is. Sulke projekte kan jy nie op jou eie doen nie en die klublede oor die jare het hul kant gebring.

“Oor die jare het ons ook gestry en deur swaar tye gegaan, maar dan vat ons maar weer die bul by die horings as daar op jou knoppie gedruk word.

“Aan die manne wat die klubbestuur oorgevat het – lei voort, manne, lei voort.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!