Brouery steun stryd teen stropery
Brouery steun stryd teen stropery

Brouery steun stryd teen stropery

Namibia Breweries Limited en Intelligence Support Against Poaching vat weer hande in die stryd teen wildstropery.
Namibia Breweries Limited (NBL) het sy ondersteuning aan Intelligence Support Against Poaching (Isap) in die stryd teen wildstropery herbevestig.

NBL ondersteun sedert 2015 Isap se teenstropingsoperasies deur sy handelsmerk Windhoek Lager met ’n jaarlikse borgskap van N$100 000.

Verlede week het NBL weer sy jaarlikse N$100 000 aan Isap geskenk.

Mnr. Marco Wenk, NBL se besturende direkteur, en mnr. Fritz Kaufmann, Isap se direkteur, het hul samewerkingsooreenkoms amptelik hernu.

In 2017 is die borgskap versterk met die skenking van ’n tweesitplek- Piper Super Cub-vliegtuig met die bynaam “The Protector” om te help met Isap se teenstropingsoperasies.

“Die vliegtuig was ’n groot bydrae aan Isap om owerhede in Namibië by te staan om wildstropers, karkasse en wild met nekbande op te spoor, asook tydens patrollies in nasionale parke en private reservate,” het Kaufmann gesê.

Volgens hom het Isap sedert sy ontstaan gereeld waardevolle inligting van die publiek aan owerhede oorgedra.

“Die owerhede het verskeie inhegtenisnemings gemaak danksy inligting wat Isap aan hulle verskaf het. Ons het gesien hoe vermeende stropers op alle fronte in hegtenis geneem word.”

Kaufmann sê Isap het ook ’n opleidingsentrum gebou waar omgewingskwessies bespreek word en slypskole oor verskeie onderwerpe omgewingsbewustheid bevorder.

“Ons het gesien watter aansienlike verskil Isap in die stryd teen stropery in Namibië maak, asook wat hul bydra tot die beskerming van ons omgewing is,” het Wenk gesê.

“Ons is aangespoor deur Isap se toewyding daaraan om die sinnelose stropery in Namibië vas te vat – daarom is dit maklik om ons verhouding met Isap voort te sit.”

Kaufmann het beklemtoon NBL se ondersteuning van Isap help hulle nie slegs teen stropery nie, maar help ook om die aandag op omgewingskwessies te vestig.

“Die algemene steun wat ons van die publiek kry, groei aansienlik en Isap het ’n huishoudelike naam in die stryd teen omgewinsmisdaad geword. Dit is danksy ons vennootskap met NBL dat Isap as geloofwaardig geag word,” het Kaufmann gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!