Bruce durf Engelse kanaal aan vir kanker
Henriette Lamprecht - Einde September durf ’n Namibiese entrepreneur en sakeman ysige water, meter hoë branders en meer as 34 km in die see aan.
Eerstens in herinnering aan ’n geliefde broer wat aan kanker gesterf het, maar ook om bewusmaking oor die siekte te skep en geld vir ander kankerlyers in te samel.
Mnr. Bruce Salt se poging om die eerste Namibiër te wees wat die Engelse Kanaal suksesvol oorsteek, begin op 27 September met die ondersteuning van Flying Fish om geld vir Cancer Care Namibia-fonds (CCNF) in te samel. Die Engelse Kanaal skei die suide van Engeland van noordelike Frankryk.
Om die Engelse Kanaal oor te steek, word beskou as die uiterste langafstand- en uithou-uitdaging. Benewens die swem van ongeveer 35 kilometer, is daar die veranderlike weersomstandighede wat branders tot 2 meter hoog, seetemperature tussen 6 tot 15 grade, jellievisse en seerommel insluit. Die Engelse Kanaal is ook een van die besigste skeepslane in die wêreld, met tot 600 tenkskepe en 200 ponte asook ander vaartuie wat dit daagliks as roete gebruik. Vir Bruce se poging om amptelik erken te word, mag hy nie aan die bystandsboot raak of kontak met enige ander persoon maak tydens die swem van die Engelse Kanaal wat sowat 14 tot 18 ure kan duur nie.
Die storie agter Bruce se moordende uitdaging is een gevul met verlies en teenspoed, maar ook hoop. Vyf jaar gelede, op 17 April 2011, het Bruce se oudste broer aan limfoomkanker gesterf. Niel was ’n gerespekteerde erelid van die Hochland 154-tafelronde en het ’n groot deel van sy lewe aan gemeenskapsdiens en -ontwikkeling in Namibië gewy. Dit was Neil se droom en begeerte dat die Cancer Care Namibia-fonds in die lewe geroep word om Namibiese kankerpasiënte met geldelike ondersteuning te help vir die spesifieke doel en voordeel om ’n familielid by hulle tydens hul behandeling te hê.
Niel was vas oortuig dat die nabyheid van ’n geliefde die kankerbehandeling versterk. Tydens sy behandeling het hy dikwels opgemerk hoeveel kankerpasiënte daarsonder moes klaarkom en hoe dié pasiënte sonder die fisieke en emosionele ondersteuning van ’n familielid by hulle gesukkel het. Hulle afwesigheid was grootliks aan ’n gebrek aan geledelike ondersteuning te wyte.
“Dit was daarom Niel se begeerte om geldelike ondersteuning aan ’n onmiddellike familielid of vriend te bied om fisiek by die pasiënt te wees. Die meeste fondse help meestal net die kankerpasiënte en is nie altyd in staat om direk met reis- en verblyfkoste te help nie.”
SABMiller se Flying Fish is Bruce se vennoot op sy swemtog om die Engelse Kanaal te verower.
“Flying Fish glo in die krag en uithouvermoë van individue wat hulle nie verknies oor die uitdaging van nuwe dinge nie; Namibiërs wat nie bang is om hulself tot by die afgrond te stoot nie,” het mnr. Martin Cronje, SABMiller Namibië se ontleder van sake en inligting, gesê .
Vir meer inligting oor Cancer Care Namibia kan ’n e-pos na [email protected] gestuur word en die Facebookblad “Cancer Care Namibia” besoek word. Mense wat ’n geldelike bydrae wil maak, kan dié skakel volg: https://www.backabuddy.co.za/english-channel-crossing-for-cancer-namibia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie