Bruidspare wen groot!

Gerine Hoff
Vanjaar was meer as N$200 000 se pryse op die spel in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie, en die 10 finaliste asook die topdrie paartjies het met wonderlike items huis toe te gaan.
Die wenpaartjie het pryse ter waarde van meer as N$124 000 ontvang, terwyl die naaswenners se pryswaarde ­onderskeidelik bykans N$55 000 en N$19 000 was. Elke finalis-paartjie het ook spesiale items van meer as N$2 450 elk ontvang.

Die bruidspaar van die jaar wen:
• Vlugte (lughawebelasting ingesluit) na Port Louis vanaf Windhoek vir Johannesburg/Kaapstad en sewe nagte se verblyf by die 5-ster Shandrani Resort & Spa op Mauritius met die komplimente van Beachcomber, Air Mauritius en Trip Travel ter waarde van N$70 000.
• Twee nagte se verblyf by West Nest Lodge ter waarde van N$5 200.
• Geskenkpakkies van Hannon ter waarde van N$1 500.
• N$750 geskenkpakkie van Ina Paarman.
• N$4 000 se geskenkbewyse van Otto Mühr.
• N$5 000 se potte van Le Creuset en Wecke & Voigts.
• Kombuistoerusting van Whirlpool en Furntech Agencies ter waarde van N$21 000.
• N$5 000 gelaai op 'n OM-kaart.
• Cotton Candy geskenkbewys van N$1 750 vir druk en raam van foto’s.
• Verblyf ter waarde van N$5 800 by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum.
• N$2 000 se geskenkbewys van Nictus.

Die naaswenners ontvang:
• Twee nagte by die eksklusiewe Chobe Water Villas (alles ingesluit) van O&L Leisure ter waarde van N$35 000.
• Geskenkpakkies van Hannon ter waarde van N$1 500.
• N$500 geskenkpakkie van Ina Paarman.
• ’n N$750 geskenkbewys van Otto Mühr.
• Een nag se verblyf by West Nest Lodge ter waarde van N$2 600.
• ’n Voorlaaiwasmasjien ter waarde van N$6 700 van Whirlpool en Furntech Agencies.
• N$2 000 se geskenkbewys van Nictus.
• Twee nagte by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum ter waarde van N$5 800.

Die tweede naaswenners ontvang:
• Een nag se verblyf by West Nest Lodge ter waarde van N$2 600.
• N$2 000 geskenkbewys van Nictus.
• Twee nagte by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum ter waarde van N$5 800.
• 'n Skottelgoedwasser ter waarde van N$6 099 van Whirlpool en Furntech Agencies.
• N$1 500 se geskenkpakkie van Hannon.
• N$300 se geskenkpakkie van Ina Paarman.
• N$700 geskenkbewys van Otto Mühr.

Die paartjie met die meeste SMS’e het ’n luukse mikrogolf gewen, so ook ’n leser wat ’n SMS gestuur het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer