Bruin reisdokument maak (tydelik) plek vir groen paspoort
Bruin reisdokument maak (tydelik) plek vir groen paspoort

Bruin reisdokument maak (tydelik) plek vir groen paspoort

Henriette Lamprecht
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie reik tans bruin reisdokumente aan reisigers uit wat weens ‘n tekort aan paspoortboekies nie geholpe kan raak nie.
Volgens die minister, mnr. Frans Kapofi is daar wel ‘n paar lande veral in die Europese Unie waar Schengen-visumvereistes geld, wat kommer oor die reisdokument uitgespreek het. Kapofi het beklemtoon dit raak nie Namibiese burgers nie. Kapofi het ook gesê die ministerie is tans in onderhandelinge met lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om Namibiërs toe te laat om noodreisdokumente te gebruik. In die geval waar die dokumente nie aanvaar word nie, is die versoek om houers van Namibiese paspoorte in die onderskeie lande toe te laat vir ‘n geldige tydperk van ten minste die laaste week (7 dae) van wanneer die paspoort verval. Hy het gemaan dit is net ‘n tydelike maatreël om tot ten minste 20 November vanjaar te geld wanneer die verwagte agterstand en verwerking van paspoorte weer op dreef behoort te wees.
Kapofi sê die reisdokument wat aan Namibiërs, vlugtelinge of staatlose persone uitgereik word, se geldigheid wissel van ses maande tot twee jaar en in beperkte gevalle tot vyf jaar. Volgens hom is planne in ‘n gevorderde stadium om die geldige tydperk van Namibiese paspoorte van vyf na tien jaar te verleng.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!