Bruintjies skaaf aan plan vir lewe ná atletiek
Atletiek
Die inperking en afwesigheid van atletiekbyeenkomste het Henricho Bruintjies, voormalige Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 100 m, die geleentheid gegee om ’n nuwe deur vir homself oop te maak.
Bruintjies, wat in 2018 silwer gewen het by die Statebondspele in Australië se Goudkus, hou sy lyf tans fiksheidsinstrukteur en glo dít kan hom selfs ’n lewe ná atletiek bied.
“As ’n atleet kan die wêreld soms baie klein word,” sê dié blits, wat met ’n tyd van 9.97 sekondes voorheen die Suid-Afrikaanse 100 m-rekord gehou het.
“Al wat saak maak, is dat jou volgende wedloop vinniger as die vorige een moet gewees. Toe gebeur die inperking. Skielik is daar geen atletiekbyeenkomste nie. Ons is nie eens toegelaat om op ’n baan te oefen nie.
Alle atlete moet besef dat daar ’n dag gaan kom dat hulle hul laaste wedloop hardloop. Wat gaan jy dan doen?
“Dit het my aan die dink gekry en die belangrikheid van ’n lewe ná atletiek laat besef,” verduidelik hy.
“Vir so lank as wat ek kan onthou, is ek gefassineer deur die fiksheidsbedryf. Die reëls is eenvoudig: om fiks te word, verg harde werk en dissipline. Daar is geen kortpaaie nie, maar niks kan vergelyk met die gevoel van prestasie wat jy voel wanneer jy dít bereik waarvoor jy gewerk het nie.”
Bruintjies het toe met die gedagte vorendag gekom om ander te help om hul fiksheidsdoelwitte te bereik.
“Dít is waarom ek besluit het om as ’n fiksheidsinstrukteur te kwalifiseer. Ek is tans besig om aanlyn ’n kursus te doen. Ek het ook begin om mense aanlyn af te rig. My mikpunt is om mense te help om die lywe te kry waaroor hulle nog altyd gedroom het of selfs net om fiks te wees of gewig te verloor.”
Dié Tuks-atleet sê dat dit nie help om mense te dwing om iets te doen teen hul wil nie. Hy gee eerder riglyne en dan bly dit die persoon se besluit of hy wel by die roetine wil inval.
Hy het ’n program van 21 dae uitgewerk en sê hy kry reeds goeie terugvoer van mense wat glo al soveel as 10 kg daarmee verloor het.
“Alle atlete moet besef dat daar ’n dag gaan kom dat hulle hul laaste wedloop hardloop. Wat gaan jy dan doen? Almal van ons moet daaraan dink.”
Sy nuwe passie beteken egter geensins dat hy sy droom laat vaar het om aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem nie.
Bruintjies is vasbeslote om volgende jaar sy slag in Japan te wys en wanneer hy weer mededingend kan hardloop, is sy doelwit om in elke wedloop vir ’n tyd van 10.00 sekondes te mik.
“As ek dít kan vermag, sal dit net ’n kwessie van tyd wees voordat my groot deurbraak-wedloop kom,” het hy bygevoeg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie