Bryde-walvisbene uitgegrawe
Die skelet van die dier wat verlede jaar aan die kus uitgespoel het, sal uiteindelik in Lüderitz se maritieme museum vertoon word.
Tanja Bause - Die bene van die Bryde-walvis wat in November verlede jaar by Myl 4 by Swakopmund uitgespoel het, is weer uitgegrawe.
Volgens mnr. Deon Louw, van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, is tussen 80% en 90% van die walvis se skelet behou.
“Die bene is uitgegrawe nadat ons dit laas jaar begrawe het sodat dit natuurlik kan ontbind. Ons kan die bene nie te lank begrawe nie, anders word dit baie bros weens die sout. Hulle moet nou net nog ’n bietjie uitdroog en die vet moet uitloop voor ons dit vir verdere verwerking Kaapstad toe gaan stuur,” het hy gesê.
Die skelet sal uiteindelik in Lüderitz se maritieme museum vertoon word.
“Daar is geen skelet van dié spesie ter wêreld beskikbaar nie. Dit sal die mees volledige skelet van ’n Bryde-walvis in die wêreld wees en dit is dus belangrik dat ons dit bewaar,” het hy gesê.
Die walvis was 15 meter lank en het sowat 15 ton geweeg.
Volgens mnr. Simon Elwen, direkteur van die Namibian Dolphin Project, lyk dit of dié walvis, wat ’n soort vinwalvis is, in die see gevrek het nadat sy deur ’n skip getref is.
“Daar is tekens van ’n groot besering in die middel van die dier se lyf, wat met ’n botsing met ’n skip strook,” het hy gesê.
Dít is deur Louw bevestig. Hy het bygevoeg die walvis se skedel is gekraak, wat daarop dui die dier is moontlik deur ’n skip se skroef getref.
Die bewaring van die walvisskelet word deur die Lüderitz Wafterfront Development Company gekoördineer, en die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, die Namibian Dolphin Project en Lüderitz se maritieme museum is ook betrokke.
Die laaste vinwalvis het in Augustus 2014 aan die Namibiese kus uitgespoel.
Bryde-walvisse verkies matige en tropiese waters, in vergelyking met ander vinwalvisse, wat volop in die poolstreke is.
Hierdie walvisse word nader aan die kus aangetref en, hoewel hulle oor die kenmerkende baardplate beskik wat deur baardwalvisse gebruik word om baie klein diertjies mee te vang, bestaan hul dieet hoofsaaklik uit vis.
Hulle is wydverspreid in tropiese en subtropiese waters, en 'n afsonderlike dwergspesie word in die tropiese waters van die westelike Stille Oseaan en Suidoos-Asië aangetref.
Die walvis is na Johan Bryde (1858 – 1925) vernoem, wat vroeg in die 20ste eeu die Sweedse konsul in Suid-Afrika was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie