BTW: ‘Net rykes eet broccoli en aarbeie’
’n Kenner sê die BTW-paneel verskaf nie goed genoeg redes waarom hoendervleis nie by die BTW-vrye lys ingesluit is nie.
Francois Williams – Die BTW-paneel het nie genoeg gefokus op produkte wat die armstes van die armes gebruik nie, het Neil Coleman van die Instituut van Ekonomiese Geregtigheid Woensdag gesê.
Sowat 60% van die Suid-Afrikaanse bevolking is arm, maar die paneel het nie al die inkomstegroepe in ag geneem nie, meen Coleman.
Op die instituut se lys vir voorgestelde BTW-vrye items is onder meer mopaniewurms en sorghum.
Coleman meen die paneel gee nie goed genoeg redes oor waarom hoendervleis nie ingesluit is in die BTW-vrye lys nie.
Ekstra BTW op luukse goedere van tot 25% kan help om geld vir die staat terug te wen wat weens staatskaping verlore is, meen Coleman. Die armes kan nie gestraf word vir verliese weens staatskaping nie.
Toegang tot luukse goedere soos duur karre en yskaste is ’n weerspieëling van ongelykheid, sê Coleman.
Die ouditgroep PwC het in sy voorlegging gesê om plaaslike hoender van BTW vry te stel, maak dit ingewikkeld en moeilik vir handelaars en belastingbetalers om te onderskei tussen plaaslike en ingevoerde hoender.
PwC meen die paneel moes die bestaande BTW-vrye produkte deegliker ondersoek het om te kyk watter word regtig die meeste deur armes gebruik.
Om te probeer onderskei watter dele van skooluniforms van BTW vrygestel moet word, is bykans onmoontlik, meen PwC.
Broccoli en aarbeie is die soort groente en vrugte wat deur rykes gekoop word, maar wat BTW-vry is bloot omdat dit groente en vrugte is, sê PwC.
Hoendervleis
Ziyanda Matshobeni van die broeikuiken-afdeling van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa), het ’n saak uitgemaak vir BTW-vrye hoendervleis, “want almal hou van ’n bietjie vleis”.
Die besteding deur arm huishoudings aan hoendervleis is meer as aan bees- en lamsvleis en sardyne.
Dit is net heel hoender wat van BTW vrygestel moet word, sê sy. Dit sal die plaaslike pluimveebedryf en sy sowat 11 000 werkgeleenthede help beskerm.
Verder verwerkte hoender en kleiner hoenderstukke hoef nie BTW-vry te wees nie. Dit kan die staatskas tot R1,3 miljard kos as heel hoender BTW-vry is. Maar dit kan bydra tot die beperking van vertraagde groei in kinders wat ’n las op die onderwysstelsel is en wat verhoed dat hulle ekonomies aktief word.
Thandi Tobias, ANC-lid van die staande komitee oor finansies, het egter gesê die armes eet hoenderpote, nie noodwendig heel hoender nie.
Aziz Sulliman, voorsitter van Sama, sê die bedryf belowe die voordeel van BTW-kwytskelding sal aan verbruikers deurgegee word. Dit sal help om die vraag na heel hoender te verhoog.
Brood
Brood moet meer bekostigbaar gemaak word, het die Suid-Afrikaanse Bakkeryvereniging in hul voorlegging gesê.
As witbrood vrygestel word van BTW, sal dit volgens die vereniging nie die bedryf se finansies so erg raak nie. Daar sal waarskynlik bloot meer mense wees wat nou witbrood koop eerder as bruinbrood.
Die vereniging sê die broodbedryf werk aan inisiatiewe om brood te verryk en soutinhoud te verminder ter wille van gesondheid.
Suid-Afrikaners eet minder brood as ontwikkelde lande.
· Sowat 2 miljard brode per jaar word verkoop, waarvan 48% witbrood is.
· Shoprite-Checkers verkoop 12% van alle brood, gevolg deur Pick n Pay met 8%, Spar met 7% en Woolworths 3%.
· Witbrood is tans 12% tot 15% duurder as bruinbrood, grootliks weens BTW op witbrood.
· Die totale BTW-inkomste op witbrood is tans R1,619 miljard. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie