BTW op veevoerinvoere opgehef
Elvira Hattingh - Die ministerie van finansies het alle belastingheffings op die invoer van veevoer, lusern en gras opgehef.
Dit volg nadat die Namibië Landbou-unie op 29 Mei ‘n versoek gerig het dat dié produkte BTW-vry ingevoer word.
Die wet op BTW maak daarvoor voorsiening dat items wat vir noodverligting in tye van hongersnood of ander natuurlike rampe ingevoer word van invoerbelasting vrygestel kan word.
Mnr. Junias Makoka van die departement van binnelandse inkomste het op 6 Junie ‘n amptelike brief uitgereik waarin bevestig is dié items sal van invoerbelasting vrygestel word en doeanebeamptes sal dienooreenkomstig ingelig word.
Mnr. Roelie Venter, die NLU se uitvoerende hoof, het aan Republikein gesê hulle is tans nog besig om met doeane uit te klaar presies hoe dit sal werk en watter klaring tydens die invoer van veevoer nodig sal wees.
Hy het gesê terugvoering sal binnekort aan produsente gegee word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie