BTW val op voerinvoere deur boere
BTW val op voerinvoere deur boere

BTW val op voerinvoere deur boere

Ronelle Rademeyer
Die ministerie van finansies se beloofde tydelike afskaffing van BTW-betalings op noodvoer wat deur individuele boere vir hul vee ingevoer word, het in werking getree.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, sê in 'n verklaring die verligtingsmaatreëls is ingevolge skedule 5 van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde ingestel wat bepaal BTW word afgeskaf op ingevoerder goedere ter wille daarvan om mense se nood tydens hongersnood of 'n ander nasionale rampe te verlig.
Hy sê tyd en wyl die noodtoestand geld en die droogte voortduur, is ruvoer soos lusern, gras, koringstoppels, hooi en kuilvoer vrygestel van BTW mits dit vir eie gebruik is nie herverkoop word nie.
Dieselfde geld ingevoerde energie- en proteïenkonsentrate soos mieliemeel, melasse, oliekoek, gars, soja ens.
"Die belastingvrystelling is net van toepassing op individuele boere in alle streke van Namibië wat direk invoer en nie met die doel om dit weer te verkoop nie," lui Schlettwein se verklaring wat vanoggend uitgereik is.
Produsente moet bewys kan lewer dat hulle by die Vleisraad geregistreer of ander wettiglik erkende bewys van registrasie as 'n produsente kan toon.
Verder moet die invoerder die ministerie van finansies ten minste drie dae voordat die vrag deur die grens gaan, in kennis stel sodat die nodige doeanevrystelling uitgereik kan word.
Die vrystelling het nie betrekking op enige kapitaalgoedere soos hamermeulens wat ingevoer word nie.

Foto ter illustrasie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!