Buccaneers beklink 064-beker

Muurbal
Blywende herinneringe is gemaak tydens laas naweek se suksesvolle 064-beker muurbaltoernooi op Swakopmund, geborg deur Guan’s Packaging.

Die kompetisie is gehou tussen die muurbalklubs SFC Swakopmund en Buccaneers van Walvisbaai, wat beide deur hul voorste twaalf manspelers en topvier vroue verteenwoordig is.

In sowel die enkelspel as die dubbelspel het die verdeling voorsiening gemaak dat spelers van vergelykbare sterkte teen mekaar opgeweeg is. Elke klub se topvier mans het in die A-afdeling meegeding, spelers 5-8 in die B-afdeling en 9-12 in die C-afdeling.

Elke klub se vier topgekeurde vroue het in die vroueafdeling meegeding.

Die uitslae in die enkelspel was soos volg:

A-afdeling: Buccaneers wen 9-6.

B-afdeling: SFC wen 10-4.

C-afdeling: Buccaneers wen 10-3.

Vroue-afdeling: SFC wen 12-1.

Die uitslae in die dubbelspel:

A-afdeling: gelykop 2-2.

B-afdeling: gelykop 3-3.

C-afdeling: Buccaneers wen 4-0.

Vroue-afdeling: SFC wen 4-2.

Op die algehele puntelys het Buccaneers as wenners van die kompetisie weggestap met 40 punte teen 35.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer