Buccaneers slaan terug en wen 064-beker
Muurbal
Die 064-bekertoernooi geborg deur Guan's Packaging is die afgelope Saterdag in Swakopmund afgehandel en was weer 'n groot hoogtepunt vir muurbal aan die kus.
Dié jaarlikse derby tussen twee van die land se voorste muurbalklubs is reeds uiters gewild – SFC (die verdedigende kampioen van 2018) van Swakopmund teen die Buccaneers-klub van Walvisbaai.
Buccaneers het die naweek die bordjies verhang (56 punte teen 49) en mag nou spog totdat volgende jaar se herontmoeting aanbreek.
Die top-12 mans, voorste agt vroue en topvyf junior spelers van SFC het hul eweknieë van Buccaneers in 'n enkelspel- en dubbelspelkompetisie die stryd aangesê.
Elke klub se vier spelers wat die hoogste op die ranglys is, ding in die A-afdeling mee; spelers 5 tot 8 speel in die B-afdeling en spelers in posisies 9 tot 12 in die C-afdeling.
Elke klub se beste vier vrouespelers het die vroue A-afdeling betwis en die volgende vier was in die vroue B-afdeling.
Die enkelspelwedstryde is as die beste-uit-vyf stelle beslis, met die eerste speler wat elf punte behaal (en minstens twee punte voor is) wat die pot wen.
Dr. Rudi Koekemoer, voorsitter van beide die SFC-muurbalklub en die Namibiese Muurbalvereniging, sê die toernooi het aanskoulike wedstryde van werklike gehalte opgelewer. “Die hele toernooi is in 'n gees van uitstekende sportmanskap gespeel.”
Hy het sy dank uitgespreek vir Guan's Packaging wat as borg bygedra het om blywende herinneringe te skep.
Buccaneers se algehele oorwinning is behaal met die uitslae in die onderskeie afdelings soos volg (Buccaneers-spelers eerste):
MANS A-AFDELING: Buccaneers wen 10-8.
Danie Greeff 2-3 Devon Savage.
Angelo Titus 3-1 Wilko Aschenborn.
Immanuel Amarongo 3-0 Wynand Labuschagne.
Leslie Bosman 0-3 Arno Kok.
Buccaneers wen die dubbelspelwedstryd 2-1.
MANS B-AFDELING: SFC wen 9-7.
Rudi Koekemoer 3-1 Stefan van Tonder.
Ferdie Malhelbe 3-1 Michael Stauder.
Jacques Steenkamp 3-0 Dylan Spencer.
Johan Niewoudt 0-3 Marcelino Koopman.
Buccaneers wen die dubbelspelwedstryd 2-0.
MANS C-AFDELING: Buccaneers wen 14-4.
Robert Schaaf 3-2 Danie Jansen.
Christopher Hill 3-0 Danie Nel.
Dirk Bosman 3-1 Michello Olivier.
Jan de Smit 3-1 Jaun Husselmann.

VROUE A-AFDELING: Buccaneers wen 11-8.
Chantel de Gouveia 0-3 Judy Savage.
D. Fourie 3-2 Charne Fourie.
Chelsea de Gouveia 3-0 Christiane Beulker.
Carla Cummings 3-2 Tessa Rossouw.

VROUE B-AFDELING: SFC wen 14-2.
Ruth Steenkamp 3-0 Carla Venter.
Lucinda Rodriques 3-0 Andrea Louw.
Tina Rutters 3-0 Kirsten Wolhuter.
Sumari Jans 3-2 Christelle Eiman.
SFC wen die dubbelspelwedstryd 2-0.
JUNIOR AFDELING: Buccaneers wen 12-6.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie