Buckingham-paleis u2018te huuru2019 teen u00a31 mil. per nag
Buckingham-paleis u2018te huuru2019 teen u00a31 mil. per nag

Buckingham-paleis ‘te huur’ teen £1 mil. per nag

Brittanje se koningin Elizabeth kan tot £1,03 miljoen (R19 miljoen) per nag verdien sou sy Buckingham-paleis op Airbnb uitverhuur.

GuestReady, ’n verhuringsmaatskappy wat verskeie eiendomme op Airbnb uitverhuur, het met hierdie syfer vorendag gekom.

Die maatskappy het gekyk na soortgelyke luukse eenhede en woonstelle naby aan Buckingham-paleis in die hartjie van Londen en bereken koningin Elizabeth kan ’n “gewone” kamer vir tot £3 570 (sowat R50 000) per aand verhuur.

Buckingham-paleis het 52 sulke koninklike slaapkamers.

Daarbenewens is daar ook 19 luukse eenhede wat GuestReady reken teen £16 000 (R566 000) per aand uitverhuur kan word.

Die paleis se massiewe tuin is ook die ideale plek vir ’n troue of verjaarsdagpartytjie. Volgens GuestReady kan die paleis dit vir tot £400 000 (R6 miljoen) per geleentheid uitverhuur.

Sou iemand dus die tuin en al die kamers uitverhuur, sal koningin Elizabeth meer as £1 miljoen per nag in haar sak steek.

Wel, nie heeltemal in haar eie sak nie.

Buckingham-paleis is nie die koningin se private eiendom nie, hoewel sy die reg het om daar te woon solank sy die regerende monarg is.

Die paleis word tans opgeknap teen ’n beraamde koste van £369 miljoen (R5 miljard). Dié koste word hoofsaaklik gedek uit inkomste verdien deur besoekers aan die paleis en ander koninklike woonplekke toe te laat. Die Britse regering verskaf ook ’n ruim bydrae.

Buckingham-paleis is sedert 1837 die amptelike woning van die Britse monarg. Buiten die 52 koninklike slaapkamers en 19 luukse eenhede, beskik dit oor 188 slaapkamers vir sy personeel, 92 kantore en 78 badkamers. - Business Insider/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!