Budweiser binnekort in SA te koop
Hanlie Stadler - Suid-Afrikaners sal eersdaags Budweiser, een van Amerika se gewildste biere, in die buurland kan proe.
Anheuser-Busch InBev (AB InBev) beplan om Budweiser later vanjaar in die plaaslike mark bekend te stel. Budweiser is die vierde gewildste bier in die VSA, met verkope van US$718,7 miljoen in 2016 en Bud Light, sy ligter stalmaat, is die gewildste bier, met verkope van US$2,022 miljard, volgens Statista se syfers.
Intussen is AB InBev ’n bietjie teleurgesteld dat bierverkope in Suid-Afrika in die eerste kwartaal van die jaar getaan het. Dit was 1,6% laer as in dieselfde kwartaal van 2016.
AB InBev skryf dit toe aan die feit dat Paasfees in April, dus buite die kwartaal, geval het.
Castle Lite bly steeds die gewildste bier in sy stal, maar AB InBev sê nie hoeveel daarvan verkoop is nie.
Die syfers plaas die kollig duidelik op AB InBev se winsgewende biere, die drie waarmee hy sy wêreldoorheersing wil verhoog.
Budweiser, Stella Artois en Corona se gesamentlike inkomste het met 12,1% gestyg, en die groei is veral puik in lande buite die bier se oorspronklike tuiste.
Een van die redes waarom AB InBev SABMiller gekoop het, was juis om hom makliker toegang te gee tot markte vir dié drie biere. Stella Artois en Corona is reeds in Suid-Afrika beskikbaar.
Die Amerikaans gebore Budweiser se inkomste het met 7,3% gestyg, maar met 16,4% buite die VSA.
Die Belgiese bier Stella Artois se inkomste het met 21,1% gestyg, hoofsaaklik danksy groei in die VSA en Argentinië.
Die Mexikaanse bier Corona se inkomste het met 18,2% gestyg, maar met 48,2% buite Mexiko.
Die syfers blyk dit loon om jou gordel stywer te trek.
Die bierreus se inkomste het met 3,7% gestyg vergeleke met dieselfde kwartaal van 2016, en sy inkomste per hektoliter het selfs méér, met 4,3%, gestyg.
AB InBev, wat in Oktober verlede jaar vir SABMiller oorgeneem het, sê besnoeiing is een van die redes vir die stewige syfers. Dit is die tweede stel kwartaalsyfers sedert die oorname voltrek is.
Die hoër inkomste kom ondanks ’n daling van 0,5% in die totale volume bier wat die maatskappye wêreldwyd verkoop het. AB InBev het 0,2% minder van sy eie bier verkoop.
Suid-Afrika was saam met die VSA en Colombia die lande waarin minder bier verkoop is. Goeie groei is in China, Brasilië en Mexiko aangeteken.
AB InBev se winsgrens voordat rente, waardevermindering, belasting en so meer afgetrek is, het tot 37,2%, byna 1 persentasiepunt hoër, gestyg.
Die maatskappy sê die integrasie met SABMiller vorder goed en het ’n besparing ter waarde van US$252 miljoen net in dié kwartaal meegebring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie