Buffelsfontein skenk vir droogtehulp
Buffelsfontein Brandewyn, wat in Namibië deur United Liquor Agencies (ULA) versprei word, help graag wanneer daar nood is – soos met die heersende droogte.
In April vanjaar het ULA onderneem om N$3 van elke 750 ml-bottel Buffelsfontein-brandewyn wat verkoop word aan die Namibië Boere-droogtehulpfonds te skenk.
Om verbruikers aan te spoor om die veldtog te ondersteun, het ULA koppe met Buffelsfontein bymekaargesit en die gemiddelde prys per bottel van N$215 na N$159 verminder.
Te danke aan die ondersteuning van kettingwinkels soos Metro, Spar, Shoprite/Checkers, Pick n Pay, Sentra en OK, asook private ondernemings soos Keurwyne, G’s, Olympia Liquor Store, Eros Bottlestore en ander was die veldtog ’n groot sukses.
Daarmee saam het ’n span van Buffelsfontein en ULA vroeër die maand aan die Namibië Boere-droogtehulpfonds se gholfdag deelgeneem waar hulle die eerste geld wat hulle deur die Buffelsfontein-promosie ingesamel het aan die fonds oorhandig het.
Saam met ULA se N$7 488 wat deur brandewynverkope ingesamel is, het Buffelsfontein SA besluit om nog N$15 000 by te dra.
United Liquor Agencies en Buffelsfontein meen dit is in tye soos hierdie wat Namibiërs moet saamstaan, dus dra hulle graag tot die Namibië Boere-droogtehulpfonds by.
Die Buffelsfonteinspan wat aan die onlangse gholfdag deelgeneem het, is van links Corné van der Westhuizen, Ivor Schouw, Toks van der Linde, Derick Steyn en Jaco Kruger. Foto verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie