Bugs Bunny en kie betree digitale era
Wat is beter as ’n aanlyn kanaal wat net animasieflieks en -programme vir jong kykers of kykers wat jonk van gees is, bied?
Time Warner gaan nou sy eie intekendiens soortgelyk aan Netflix, skep, maar hier gaan Bugs Bunny en Fred Flintstone koning kraai.
Bloomberg berig hy oorweeg dit ook om aparte kanale met flieks soos Superman en die Harry Potter-reeks die lig te laat sien.
Die diens genaamd Boomerang sal ou en nuwe gunstelinge van Warner Bros. teen US$4,99 per maand bied.
Dit is omtrent die helfte van die prys van Netflix.
“Dit is die eerste van ’n paar aankondigings,” sê Craig Hunegs, direkteur by Warner Bros.
Netflix, Alphabet se YouTube en Amazon.com het baie van Time Warner se kykers afgerokkel, wat hoofsaaklik sy inkomste uit kabelkanale soos TBS, TNT en Cartoon Network maak.
Dié maatskappy met sy hoofkantoor in New York en wat onlangs aan AT&T verkoop is, het gereageer deur met sy eie aanlyn dienste te eksperimenteer.
Dit is die eerste keer dat Time Warner se Turner en Warner al hul animasieprogramme op een plek aanlyn bied.
“Ons bestee baie geld, want ons dink heelwat oorspronklike animasie met beter karakters is baie belangrik,” sê Hunegs.
Al Time Warner se afdelings ondersoek die moontlikheid van aanlyn produkte.
HBO het die eerste skuif gemaak toe hy ’n aanlyn weergawe van sy kabelnetwerk in 2015 geskep het.
Turner Broadcasting het verlede jaar ’n aanlyn portaal vir klassieke flieks genaamd FilmStruck geskep.
Warner sal danksy die verkryging van die aanlyn uitsaaidiens DramaFever, self die tegnologie vir Boomerang se platform bied.
Van die programme wat op Boomerang beskikbaar gaan wees, is op Netflix ook beskikbaar. Die maatskappy sê dit gaan egter verander die oomblik as die huidige kontrakte verstryk.
“Jy kan dink, alles gaan Boomerang toe,” sê Hunegs. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie