Buiteklub en Omeya se reekse vorder

Gholf
Altesame 64 spelers het laas naweek by die Omeya gholfklub aan die gemengde parekompetisie deelgeneem wat in die gewilde “American scramble” formaat gespeel is.

Die klub bedank Plastic Packaging en Tri Data vir hul borgskap.

Die wenspanne was:

1 Brenda Lens en Borris Erasmus, 51 punte

2 Lydia en George Lumley, 47 (op uittel)

3 Andy Muller en Amanda van Dyk, 47

4 Kyle Johnson en Wilmarie Walters, 47

5 Stephanus van der Merwe en Celonika Robinson, 47

Pryse vir die houe naaste aan die pen is aan Willem Genis, Wessel Louw en Johan Steyn oorhandig.

• Môre bied Omeya ronde 4 van sy AfricaOnline Race to Omeya Members Cup-reeks aan. 'n Veld van 94 spelers het ingeskryf.

Die klub spreek sy waardering uit teenoor AfricaOnline vir die borg­skap en aan alle spelers wat die reeks ondersteun.

Die afslaantye vanaf die eerste bof:

08:30 M Gregan, S Smith, D Zwiebel, L Dreyer.

08:40 X Erasmus, R Luyt, R Kruger, Muis Burger.

08:50 J Meuwesen, W Prinsloo, E Lofty-Eaton, M Engelbrecht.

09:00 C Fourie, S Davidowitz, A Muller (Jnr), A Muller (Snr).

09:10 S van der Merwe, M Vollgraaff, R Beukes, S Basson.

09:20 A Kuhn, J Labuschagne, H Steytler, M Steytler.

09:30 K Esterhuizen, J Steyn, G Lambert, A de Wet.

09:40 G Lumley, G Lumley, P Johns, B Erasmus.

09:50 L Underhill, E Koopman, S Pienaar, A Pienaar.

10:00 L du Pisani, A du Pisani, R Schwartz, D Schrywer.

10:10 Gerbie van Wyk, G de Klerk, S Vermeulen, A Vermeulen.

10:20 E Wessels, P Woest, J Knoetze, R Carstens.

Tiende bof

08:30 G Wise, C Hart, J Muller, H Hanstein.

08:40 J Liebenberg, G Nel, J Steenkamp, E Marais.

08:50 E Nitschke, L Hess, R de Beer, P de Beer.

09:00 N Groenewald, S Venter, T Nel, Mannetjies Burger.

09:10 A van Wyk, G van Wyk, J Bruwer, I Wait.

09:20 C Claassen, M Shoozi, B Venter, C van Graan.

09:30 A le Grange, F le Grange, L Beukes, R Blaauw.

09:40 G de Wet, E van der Walt, S Erwee, P Swanepoel.

09:50 A Wessels, W Walters, T Colmer, A Smit.

10:00 W Krugel, R Verburg, E Verburg, P Verburg.

10:10 R Liebenberg, G Howard, B Kotze, G Kotze.

10:20 J Theron, B Buitendag, J Husselman, H Botma.



BUITEKLUB

Die Windhoek Buiteklub het laas naweek die vierde van sy agt Windhoek Lager Monthly Medley kompetisies aangebied.

Byeenkoms nommer nege sal die finaal wees, ook bekend as die Toernooi van Kampioene. Die beste 24 spelers sal volgens die merietelys genooi word om deel te neem, nadat elkeen se ses beste rondes (uit agt) in aanmerking geneem is.

Net 25 spelers het deelgeneem (14 in die medalje- en elf in die stable­fordafdeling), waarskynlik die gevolg van die langnaweek en die algemene vakansieperiode van Meimaand.

Die medalje-uitslae was soos volg (bruto tellings):

Algehele wenner: Willie Triegaardt (82).

A-afdeling (voorgee 0-9): 1 Trevor Mills (83), 2 Robert von Prittwitz (80), 3 George Vink (86).

B-afdeling (voorgee 11-16): 1 Sakeus Matheus (90), 2 Melt van Schoor (92), 3 Mike Beavis (96).

C-afdeling (voorgee 17+): 1 John Horne (90), 2 Gustav Jung (93), 3 Fanie Oosthuizen (93).

Junior wenner: Cilliers Sachse (100).

Vrouewenner: Hansina Hinda (102).

Stableford-kompetisie: 1 Schalk Engelbrecht (36 punte), 2 Jan van Wyk (34 uittel), 3 John Hesekiel (34).

Vier gelukspryse is oorhandig, geborg deur Truck & Cab (Paul Adkins).

Die klubkaptain bedank alle deelnemers en die borg vir hul steun.

• Môre bied die klub die STAG “scramble drive” beterbalkompetisie aan, met Namib Re as borg.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer