Buitekluboord pluk vrugte van goeie bestuur
Die ministers van die omgewing en staatsondernemings het hul trots oor die toerismebedryf se prestasies uitgespreek.
Augetto Graig - Windhoek se Buitekluboord het Woensdag amptelik 'n jaardividend van N$6 miljoen aan die regering oorhandig.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, mnr. Sven Thieme, voorsitter van die oord se bestuursraad, me. Clara Bohitile, ’n raadslid en mnr. Tony Boucher, die buitekluboord se hoofbestuurder, was by die geleentheid teenwoordig.
Volgens Thieme is al die betrokkenes trots daarop om dié dividend aan die regering te kan betaal.
Hy het gesê daar’s rede om fees te vier, hoewel doeltreffende bestuur in die regering en ander staatsondernemings van kardinale belang is.
“Hierdie is ’n groot mylpaal vir ons – veral in ag genome dat die onderneming byna bankrot was toe ons dit oorgeneem het. Ons het dit saam bereik en kan nie op ons eie werk nie.
“Ons is trots daarop dat die onderneming ook kontantreserwes het waaruit vir opknapwerk betaal is, wat byna voltooi is.
“Ons het geen skuld nie, hoewel banke wel gewillig is om dié gerief aan ons toe te staan. Dié konserwatiewe dividend strook met die moeilike ekonomiese tye en met inageneming van die volhoubaarheid van die besigheid,” het Thieme gesê.
Jooste het die geleentheid as ’n hoogtepunt op sy kalender beskryf.
“Ek moes amper gaan Google wat beteken dividend,” het hy gesê.
“Hierdie staatsonderneming stel ’n goeie voorbeeld en is ’n model, indien nie dié model, wat ons wil sien ander moet volg nie,” het hy gesê.
Volgens Jooste is dié prestasie is in ’n hoogs mededingende hotel- en konferensiediensbedryf bereik.
“Julle voldoen aan al ons verwagtinge,” het hy gesê en die oord se bestuursraad en werknemers lof toegeswaai.
Shifeta het gesê die waarde van die onderneming se bates het sedert 2009 van N$174 miljoen tot N$321 miljoen tans vermeerder – sónder staatshulp.
Dít is volgens hom wat die regering van staatsondernemings wil hê.
“Enige kommersiële onderneming moet eerstens geld maak,” het Shifeta gesê.
Ander SOE’s gewaarsku
Shifeta se boodskap was gemik op ander staatsondernemings soos Namibia Wildlife Resorts (NWR), wat volgens hom nóú eers sonder verliese is.
“In die huidige omgewing beleef toerisme ’n bloeitydperk. Namibië het ’n mededingende voordeel – veral die NWR wat baie strategiese bates besit. Ná twee jaar ly hulle nou nie meer verliese nie,” het hy gesê.
Dit, volgens hom, ná hy geweier het om die ministerie van finansies om meer geld vir dié bedryf te nader.
“Ek moes hulle sê as die maatskappy nie kan regkom nie, sal ons dit moet sluit. Dit was my bedoeling. Ek het nee gesê vir enige verdere borge. Ook met die Zambezi-waterfront het ons op die verkeerde voet weggespring. Ná al die geld wat ons belê het, is die geriewe nie op standaard gebou nie en kan dus nog nie bedryf word nie,” het Shifeta gesê.
Hy het daarop aangedring staatsondernemings se leiers kan by die Windhoek Buitekluboord oor selfstandigheid en omsigtigheid leer.
Té veel raadslede by staatsondernemings is soos bedorwe kinders, het hy gesê.
“Binne dié broederskap (van staatsondernemingsleiers) word aanvaar alles wat met die regering verband hou, is waardeloos. Daar is ’n kultuur van leiers wat voel hulle is onontbeerlik en onaantasbaar. Dit is hoog tyd om toepaslike wette, soos die maatskappywet, toe te pas om hulle aanspreeklik te hou,” het hy gesê.
Shifeta het ook die kultuur van samehorigheid met korrupte leiers aangespreek.
“Ons is bang om mense aan te kla of om hulle tereg te wys, en hulle raak daaraan gewoond,” het hy gesê.
Volgens die minister moet die vrot appels in staatsondernemings se bestuur geïdentifiseer word en voor stok gekry word.
“Betaal terug. Hoekom laat ons mense wat die volk geld kos toe om daarmee voort te gaan? Ons moet die geld terugkry. Ek het nog nooit gesien dat iemand aanspreeklik gehou word nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie