Buitelanders glo vas met olifanttande
Buitelanders glo vas met olifanttande

Buitelanders glo vas met olifanttande

Verskeie vermeende renosterstropers het vandeesweek in howe verskyn.
'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is verlede week glo met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.

Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is. Volgens die verslag is drie nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak.

Twee van die verdagtes is verlede Maandag vasgetrek in verband met die sameswering om 'n renoster te stroop. Hulle is die Namibiërs mnre. Samuel Kambonde en Sodomu Lazarus. Kambonde word met twee wildmisdaadsake verbind wat onderskeidelik by Oshivelo in Maart en Omaruru in Februarie gepleeg is.

Nóg twee van die ses verdagtes is in verband met die onwettige besit van luiperdvelle in hegtenis geneem. Mnr. Tony Isaacs is verlede Maandag in Katutura in die hoofstad glo met een luiperdvel in sy besit betrap.

Op Okahandja is mnr. Fulgentius Kandjimi verlede Woensdag glo met een luiperdvel en ongespesifiseerde beendere in hegtenis geneem. Die polisie het beslag op sy voertuig gelê.

HOFSAKE

Verskeie vermeende renosterstropers het in howe verskyn. Mnr. George Kavinga wat in Julie verlede jaar by die Mururani-hek in hegtenis geneem is, het verlede Donderdag in die hof verskyn en sy saak is tot 3 Junie vir verdere ondersoek uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Mnre. Mbakondja Tjatindi en Matias Kaurikengererua het ook verlede Donderdag in die Oshakati-landdroshof verskyn en hul saak is ook vir verdere ondersoek tot 3 Junie uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Mnre. Joseph Ngoma, Aron Tjivambi, Pedrosa Katchaka en Michael Jonas wat in September 2019 glo met twee renosterhorings, een jaggeweer en vyf patrone by Otavi in hegtenis geneem is, het verlede Donderdag in die hof verskyn. Jonas is borgtog van N$15 000 toegestaan, terwyl die ander in aanhouding bly.

Drie vermeende renosterstropers wat in November verlede jaar by Otjiwarongo met 'n jaggeweer en 12 patrone in hegtenis geneem is, het verlede Donderdag in die hof verskyn. Mnre. Mateus Hamutenya, John Muhunguko en Chrissy Mukena bly in aanhouding.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!