Buitelanders onttrek ál meer soos afgradering dreig
Sedert Junie stroom buitelandse beleggers reeds uit Suid-Afrikaanse staatseffekte uit, maar nou begin die uitvloeie ook aandele raak.
William Horne En Bloomberg – Dis nie net staatseffekte nie – buitelanders, wat sowat die helfte van die JSE se aandele besit, is besig om hul bates teen ’n verstommende pas te verkoop in voorbereiding op ’n dreigende kredietafgradering.
Sedert Junie stroom buitelandse beleggers reeds uit Suid-Afrikaanse staatseffekte uit, maar nou begin die uitvloeie ook aandele raak.
Die JSE het reeds R90 miljard se uitvloeie vir die jaar aangeteken, sê Leila Fourie, uitvoerende hoof van die JSE.
Sy meen hulle posisioneer hulself nou om gereed te wees vir die moontlikheid dat Suid-Afrika eersdaags sy laaste beleggingsgraad-kredietgradering van Moody’s Investors Service kan verloor.
Moody’s het op 1 November Suid-Afrika se vooruitsig na negatief verander, wat die land nou ’n heel laaste kans gee om wesenlike fiskale veranderinge aan te bring om ’n afgradering te vermy.
Tot dusver is die newe-effekte van so ’n afgradering nog meestal net in terme van staatseffekte en staatskuld bespreek. Dit is veral omdat dit sou beteken Suid-Afrika se randgedenomineerde staatseffekte nie meer op onder meer die FTSE Wêreldindeks van Staatseffekte (WSEI) ingesluit sal wees nie.
Met al drie die groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika dan as onder beleggingsgraad sal beskou, sal Suid-Afrika se risikoprofiel nie meer aan die minimum vereistes van gesogte indekse soos die WSEI voldoen nie.
Fourie waarsku egter dat ’n afgradering ook die profiel van beleggers wat in Suid-Afrikaanse ekwiteit belê aansienlik sal verander.
Waarom dit saak maak
Kapitaaluitvloei plaas die waarde van die rand onder druk weens die skielike toename in voorraad van dié geldeenheid op valutamarkte soos wat buitelanders hul randgedenomineerde bates verkoop.
Vir Suid-Afrika, een van die ontwikkelende lande ter wêreld met die grootste tekort op sy lopende rekening, is buitelandse beleggers op vele vlakke noodsaaklik.
Sonder kapitaalinvloei word dit haas onmoontlik om die lopende rekening se tekort te finansier sonder dat die Reserwebank onafhanklik buitelandse valuta teen enorme koste begin opgaar.
“Dit sal die tipe belegger verander van die soort wat koop om dit te hou, soos ’n pensioenfonds-tipe-belegger, na ’n meer spekulatiewe belegger, soos die van verskansingsfondse,” waarsku Fourie.
“As verskansingsfondse belê, is hulle meer wisselvallig en sal dit meer onstuimigheid in die mark skep, wat goed kan wees vir likiditeit, maar nie goed sal wees as daar ’n ernstige agteruitgang in die ekonomie daarmee gepaardgaan nie,” sê Fourie.
“Vir die impak op besigheid is die voor die hand liggende potensiële nadeel van ’n afgradering dat sommige van die groot ondernemings in die private sektor se graderings dan ook tot onder beleggingsgraad afgegradeer kan word om nie die soewereine-plafon te deurdring nie.
“As dít gebeur, sal dit op ’n strukturele vlak ’n minder winsgewende mark vir ondernemings skep wat op soek is na finansiering in die mark weens hul laer gradering.”
Fourie sê wel dat die enorme huidige uitvloeie beteken die afgradering word reeds ingeprys op die mark. Die goeie nuus daarvan is dat sou die afgradering dan wel gebeur, sal die meeste van die rampspoedigste gevolge eintlik geneutraliseer wees.
Die netto uitvloei van buitelandse beleggings op die JSE versnel al sedert Junie.
Luidens ’n navorsingsverslag deur Bank of America Merrill Lynch in Mei besit buitelanders sowat 46% van alle aandele op die JSE, ’n eienskap wat eksklusief tot dié effektebeurs is.
Die 46% verwys egter slegs na maatskappye wat net op die JSE genoteer is en sluit dus maatskappye met ’n dubbelnotering uit. Met dié multinasionale groep ingesluit, het buitelandse beleggers in Mei 52% van die JSE se markkapitalisasie besit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie