Buitelanders verkoop SA bates teen rekord-spoed
Buitelanders het vanjaar reeds ’n netto bedrag van $4,8 miljard Suid-Afrikaanse aandele en effekte verkoop.
Dis die grootste jaar-tot-dusver-syfers sedert minstens 1998, volgens Bloomberg-data.
Dit lyk asof buitelanders reken Suid-Afrika gaan sy laaste beleggingsgradering – by Moody’s Investors Service – verloor.
Die uitvloei van veral vaste-inkomstesekuriteite (soos effekte) het sedert begin Junie versnel soos al hoe meer kredietgradeerders en banke kommer oor Suid-Afrika se fiskale vooruitsigte uitgespreek het.
Die rand het verlede week met 2,5% teenoor die dollar verswak – die swakste week sedert Februarie – nadat Moody’s gewaarsku het dat die regering se plan om die reddingsboei vir Eskom te verdubbel “kredietnegatief” is.
Fitch Ratings het Vrydag gevolg deur sy vooruitsig vir Suid-Afrika se gradering van stabiel in negatief te verander.
JPMorgan Chase & Co het, ook Vrydag, gesê die versterking van die rand sedert Junie het meer te doen gehad met wêreldwye steun vir ontluikende lande as enige plaaslike verbetering. Dié Amerikaanse bank sê Suid-Afrika se “fundamentele prentjie bly baie uitdagend, met ’n groeiende fiskale tekort en struktureel trae groei”.
Citigroup het Maandag aanbeveel dat kliënte die rand kortverkoop teenoor die Turkse lira. Die bank verwag dat die lira oor die volgende drie maande met sowat 7% teenoor die rand sal versterk.
Ondanks die uitvloei van kapitaal, ondersteun die vraag onder plaaslike beleggers Suid-Afrikaanse bates. Die JSE se indeks van alle aandeel het vanjaar in dollarwaarde al met 11% gestyg, vergelyke met die MSCI-indeks van ontluikende markte se 8,2%-styging.
Die opbrengs op staatseffekte het tot dusver vanjaar in dollarwaarde 7,4% beloop. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie