Buitelandse rolprent in geheimhouding gehul
Vervaardigers het gehoop 'n kleiner groep daag vir die oudisies op.
Adolf Kaure op Swakopmund
Vervaardigers van 'n internasionale rolprent wil nie ’n woord rep oor die projek waaraan hulle tans op Swakopmund werk nie.
Erongo 24/7 het meer inligting probeer bekom nadat 'n sosialemediaplasing belangstellendes genooi het om vir oudisies na Marvin Park 12 in Einsteinstraat te gaan.
Volgens inligting in die plasing wat onlangs die ronde gedoen het, word ekstras van Swakopmund en Walvisbaai benodig. “Ons is veral op soek na Duitse, Ovaherero- en Nama-mense en mans tussen die ouderdomme van 18 en 40 om die rolle van Duitse soldate in 'n opkomende produksie te vertolk,” lui die plasing.
Die rolprent sou blykbaar van Augustus tot Oktober vanjaar op plekke oraloor Namibië verfilm word.
Een van die vervaardigers, wat anoniem wou bly, het gesê die produksiespan wou nie enige dekking oor hul oudisies of die filmopname hê nie.
“Ons wil nie enige publisiteit hê nie,” het sy gesê en gevra hoe die media die advertensie in die hande gekry het.
“Ons het dit nie geplaas nie en wou nooit hê soveel mense moes by die oudisies opdaag nie. En kyk nou! Hier is te veel mense,” het sy gesê.
’n Inwoner wat 'n oudisie afgelê het, was nie optimisties oor haar kans om 'n rol as een van die ekstras los te slaan nie. “Ek dink hulle is op soek na maer mense, en ek is 'n bietjie mollig. Ek weet nie of hulle my sal kies nie,” het sy gesê.
Verskeie houers met toerusting is by die Youth Hostel in die sentrale sakegebied afgelaai. Die erf was kort daarna vol timmermanne wat blykbaar besig was om die stelkomponente te bou wat tydens die verfilming van die geheimsinnige rolprent gebruik kan word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie