Bul ryg Britse pryse in
Dié spogbul, wat die pryse ingeryg het op skoue in Brittanje, word besit deur 'n konsortium Suid-Afrikaanse stoetboere.
Samantha van den Berg - Dit neem jare vir goeie whiskey om te verouder en tot sy volle reg te kom. Soms tussen 12 en 20 jaar as dit by die duurder soorte in die wêreld kom.
Dit het ’n Limousinbul wat deur vier Suid-Afrikaanse stoeterye en ’n Skotse Limousinteler besit word en heel gepas na dié “nektar van die gode” genoem is, egter net sowat vier jaar geneem om vanjaar op ál wat ’n skou is in Brittanje skoonskip te maak.
Stefan Gerber en Paul Botha van SP Limousins, Sas Oosthuizen van Sayama Limousins, JC Steenkamp van Sampo Limousins, Kobus Tonder van Pumba Limousins, en Harry Emslie van Emslies Livestock in Skotland het die spogbul, Whiskey Infinity, in 2013 bekom.
Hierdie unieke vennootskap, wat tot die stigting van die Suid-Afrikaanse maatskappy Meridian Genetics gelei het, het ontstaan nadat die gedagte by Gerber posgevat het dat ’n groep plaaslike stoetboere almal in een duur bul belê.
Slegs 30 koeie per jaar word dan op hierdie bul gebruik.
“Dit is egter moeilik in Suid-Afrika. Die semenmark vir ’n duur bul is só klein hier dat jy nie regtig gaan geld maak nie.
“Dis toe dat ek dink: Hoekom gaan koop ons nie die beste bul in Engeland nie?”
Die pad tot hier
Volgens Gerber het hy in 2013 met Emslie in ’n kafee in Aberdeen gaan gesels om hom van sy planne te vertel. “Dit het vir hom goed geklink, maar hy was tog effens skepties,” sê Gerber.
Emslie onderneem toe om Suid-Afrika eers te besoek voordat hy by enigiets betrokke raak.
“Ek het hom geneem om telers in verskillende gebiede hier te gaan besoek sodat hy die tipe Limousin kan sien waarmee ons boer,” sê Gerber.
In November 2013 het die groot soektog na ’n bul vir die Suid-Afrikaanse boere in alle erns begin.
“Ek en die ander vier boere het na die Verenigde Koninkryk gevlieg, en vanaf Engeland, deur Ierland, tot bo in Skotland gery op soek na ’n bul.
“Ons het 3 500 diere gesien, sowat 980 bulle en altesaam 21 stoeterye besoek.”
Die boere het uiteindelik twee limousinbulle gekoop: Whiskey Infinity in Wallis en Rahoney Isaac, ’n bul uit Emslie se eie stoet in Skotland.
Die totale belegging het altesaam R1,2 miljoen beloop.
“Ons het die bul [Whiskey Infinity] se semen getap, dit as ’n uitvoerbul geregistreer en al sy toetse laat doen.
“Toe besluit ons om twee jaar te wag voordat ons met die bul begin skou.”
Groot sukses
Gerber erken daar was baie mense wat skepties was oor hul idee en geglo het dit kan nie werk nie.
Dít totdat Whiskey Infinity die skouarena vanjaar die eerste keer betree het.
“Ons het besluit om die bul in Engeland te gaan skou. Om daar te skou is soos braai in Suid-Afrika – álmal skou hul diere.
“Ons het hom aan vyf skoue laat deelneem en die bul het op elkeen daarvan presteer.”
Die bul is as opperste kampioen op die skoue Turriff en New Deer aangewys, en het ook die titel as kampioenbul op die Royal Welsh-skou verower.
Op die Royal Highland-skou is Whiskey Infinity as die reserwekampioenbul aangewys.
Die bul was ook deel van die kampioeninterrasspan op hierdie skou.
Op die onlangse Keith Show, die Skotse vleisbeeskampioenskapsbyeenkoms, het Whiskey Infinity weer in die afdeling vir kontinentale rasse koning gekraai.
Volgens Gerber sal Whiskey Infinity se genetika vanaf Oktober die eerste keer in Suid-Afrika verkoop word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie