Bulle: Jones hou sy kaarte toe

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Een historiese oorwinning in 'n wegwedstryd beteken nie daar kan kamp opgeslaan word waar ons gearriveer het nie. Dit wys maar net dat ons in die regte rigting beweeg om op 'n meer gereelde grondslag kompeterend te wees.

Met dié woorde het Lyn Jones, afrigter van die Windhoek Draught Welwitschias, dié week in 'n media-onderhoud so half probeer keer dat die Namibiese rugbypubliek se verwagtinge te kwaai die hoogtes inskiet.

Die Namibiese amateurspan takel die Vodacom Blou Bulle môre hier in hul sesde wedstryd (uit agt) van die SuperSport uitdaagreeks.

Kaptein Leneve Damens se manne het laas naweek in Kemptonpark die aanslag van die Valke met 34-24 afgeweer vir die eerste oorwinning deur 'n senior Namibiese span in 'n wegwedstryd in enige Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie sedert die 1989 Curriebeker – 'n leeftyd gelede.

Hierteenoor kom die Pretorianers met erns, omdat hulle laas naweek op Loftus met 'n bykans identiese telling deur die onoorwonne Pumas geklop is en nou aan hul tweede posisie in die noordelike groep moet vasklou.

Jones het dié week in 'n onderhoud gesê: “Ons is deeglik bewus dat ons nie die halfeindronde van die SuperSport-reeks sal haal nie, met ons fokus eerder op voorbereiding vir 'n sterk aanslag op die Curriebeker eerste liga in die tweede helfte van die seisoen en om die toetsspelers vir die kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryde reg te kry.

“Die oorwinning in Kemptonpark was 'n besonder spesiale oomblik, maar ons is terug by die werk vir die Bulle se koms.

“Ons doelwit vir die res van die seisoen is om by ons plan te bly en nie enigiets vooruit te loop nie. Ek kan nie die publiek se verwagtinge beheer nie, maar wel die spelers s'n. As ons teen enige van die topprovinsies minder as 60 punte afstaan, is dit 'n stap in die regte rigting.”

In ronde 2 op Loftus Versfeld in Pretoria het die Ligbloues met 73-20 verby die Welwitschias gestorm, terwyl hulle laasjaar in Windhoek met 50-25 aan die wenkant was.

Jones se beleid om sy spelersgroep deurentyd warm te hou, bring mee dat selfs laas naweek se wenspan nie ongeskonde bly nie – met ses veranderinge aan die beginvyftiental.

Die gesoute Chrysander Botha vervang Gino Wilson as vleuel; Darryl de la Harpe keer terug in die middelveld en ruil met JC Greyling op die bank.

Op skrumskakel begin JC Winkler dié keer, met Eugene Jantjies wat 'n afnaweek kry. Die twee nuwe stutte wat eerste opdraf, is Casper Viviers en Hans Breedt, terwyl Thomasau Forbes as flank sy kans in die plek van Adriaan Booysen kry.

Niël van Vuuren, Hauta Veii en Christo van der Merwe is ook vir diens op die reserwebank nader geroep – of soos die Blou Bulle hul spanlys aankondig, “starters” en“finishers” .



Windhoek Draught Welwitschias: 15 Mahco Prinsloo, 14 Janry du Toit, 13 Johann Tromp, 12 Darryl de la Harpe, 11 Chrysander Botha, 10 PW Steenkamp, 9 JC Winkler, 8 Leneve Damens (kapt), 7 Thomasau Forbes, 6 Rohan Kitshoff, 5 Max Katjijeko, 4 Ruan Ludick, 3 Casper Viviers, 2 Obert Nortjé, 1 Hans Breedt.

Reserwes: Desiderius Sethie, Niël van Vuuren, Hauta Veii, Mahepisa Tjeriko, Christo van der Merwe, Helarius Kisting, JC Greyling.

Blou Bulle: 15 Andell Loubser, 14 Xolisa Guma, 13 Franco Naudé, 12 JT Jackson, 11 Jamba Ulengo, 10 Tony Jantjies, 9 Lian du Toit, 8 Jano Venter, 7 Abongile Nonkontwana, 6 Boom Prinsloo (kapt), 5 Aston Fortuin, 4 Ruben van Heerden, 3 Mornay Smith, 2 Johan Grobbelaar, 1 Nqoba Moxoli.

Reserwes: Edgar Marutlulle, Matthys Basson, Marius Verwey, Ewart Potgieter, Joshua Allderman, Fiela Boshoff, Marnus Potgieter.



KLUBRUGBY

Vir naweek 10 van die Namibië Rugby-unie se premierliga het Trustco United 'n groot naam in sy span teen Rehoboth Rugbyklub aangekondig.

Losskakel Earl Rose is met 'n Namibiër getroud en woon nou in die noorde, maar sy ondervinding sal vir die Filistyne gewis 'n aanwins wees. Rose (34) het in sy professionele loopbaan die truie van die Goue Leeus, die Stormers en Griekwas gedra en was ook op 'n Springboktoer sonder om in 'n toets te speel. Die oud-Namibiese losvoorspelers Shaun van Rooi en Morné Blom kan ook United se aanslag versterk.

Trustco United: 15 Riaan van Zyl, 14 Stefan Louw, 13 Henry Kandjou, 12 Mbimbo Mbai, 11 Elmo van der Bijl, 10 Earl Rose, 9 Herman Stroh, 8 Shaun van Rooi, 7 Morné Blom, 6 Egon Friedel, 5 Winmar Rust (k), 4 Eugene Forbes, 3 Jason Benade, 2 Dewald Coetzee, 1 Simon Kanime.

Reserwes: Jonathan Goliath, Angus Isaacs, Frank Reinecke, Rudie Liebenberg, Jacques Le Hanie, Martin Cronjé, Morné Blaauw.

In nog 'n wedstryd môre is FNB Wanderers (tweede) tuis teen FNB Western Suburbs. Die voorloper en kampioen FNB Unam reis na Kudus van Walvisbaai.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!