Bulle kies Libbok op losskakel
Superrugby
Cobus Claassen - Die Bulle pak die Highlanders Saterdag in Pretoria met 'n nuwe slotpaar en Manie Libbok op losskakel.
Pote Human het drie veranderings aan sy pak aangebring wat laas naweek op Loftus Versfeld teen die Jaguares teleurgestel het in die Superreeks.
Hy het verras deur die ervare slotpaar Juandré Kruger en Andries Ferreira uit die 23-tal te laat. Hulle maak plek vir Ruan Nortjé en die voormalige Matie Ian Groenewald, terwyl die jong Muller Uys vir Jeandré Rudolph op agtsteman vervang.
Manie Libbok kry sy langverwagte kans op losskakel nadat Morné Steyn sover in die nr. 10-trui verkies is. Steyn is een van die plaasvervangers.
Die Bulle se gereelde kaptein, die senter Burger Odendaal, het steeds nie van sy enkelbesering herstel nie en Trevor Nyakane voer weer die span aan.
“Ek sien daarna uit om die nuwe manne 'n kans te gee. Almal van hulle verdien dit en hulle moet dit nou aangryp,” het Human gesê.
Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Nafi Tuitavake, Johnny Kotze, Rosko Specman, Manie Libbok, Embrose Papier, Muller Uys, Josh Strauss, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Ian Groenewald, Trevor Nyakane (k), Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. Reserwes: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ryno Pieterse, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Morné Steyn, Divan Rossouw.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie