Bulle kies vier Bokke teen WP
Rugby
Cobus Claassen - Die Blou Bulle het vier Springbokke terug in die span vir môre se Curriebeker-stryd op Loftus Versfeld teen die Westelike Provinsie.
Die stut Trevor Nyakane, die flank Marco van Staden en die skrumskakels Ivan van Zyl en Embrose Papier, wat almal lede was van die Bokke se Rugbykampioenskap-groep, is in die Bulle se 22-tal gekies.
Van Zyl begin op skrumskakel met Papier wat as 'n impakspeler opgestuur sal word.
Nog 'n Bok, die vleuel Jamba Ulengo, het van sy kniebesering herstel en is op regtervleuel gekies in Duncan Matthews se plek. Matthews sou in die span gewees het, maar het hom weens 'n seer dyspier onttrek.
Die Blou Bulle-span: Divan Rossouw, Jamba Ulengo, Johnny Kotze, Franco Naudé, Jade Stighling, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg (k), Marco van Staden, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Hendré Stassen, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Matthys Basson. Reserwes: Edgar Marutlulle, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Nic de Jager, Embrose Papier, Tinus de Beer, Dylan Sage.
• Dan du Plessis kry teen die Blou Bulle die kans om sy plek op binnesenter oop te speel vir die uitspeelrondes van die Curriebeker, skryf Stephen Nell.
Met die uitsondering van die haker Bongi Mbonambi, wat rus, keer al die Bokke terug wat aan die WP vrygestel is.
Dit beteken dat Wilco Louw vir Michael Kumbirai op vaskopstut vervang, Sikhumbuzo Notshe vir Jaco Coetzee op agtsteman, en Damian Willemse vir Josh Stander op losskakel.
WP se span: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Dan du Plessis, SP Marais, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Sikhumbuzo Notshe, Ernst van Rhyn, Kobus van Dyk, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. Reserwes: Chad Solomon, Caylib Oosthuizen, Neethling Fouché, Salmaan Moerat, Jaco Coetzee, Paul de Wet, Josh Stander.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie