Bulle su00ea Leeus is soos u2019n kersgeskenk
Bulle su00ea Leeus is soos u2019n kersgeskenk

Bulle sê Leeus is soos ’n kersgeskenk

SuperRugby
Christo Buchner - Vir Rassie Erasmus, die nuwe direkteur van Springbokrugby, moet dit soos ’n kersgeskenk wees dat hy só vroeg in die seisoen al ’n “Springbok-proefwedstryd” kan hê met die Leeus en die Bulle wat slaags raak.

“As hy (Erasmus) nie môre self op Loftus is nie, glo ek hy sal vasgenael iewers voor ’n televisie sit en hierdie wedstryd dophou, want daar gaan soveel talent in aksie wees,” sê Ray Mordt, die eertydse Bok-vleuel, wat in sy speeldae die Rooibont- sowel as die Ligbloutrui gedra het.

Dié oud-Bok sê ondanks die geweldige uittog van Suid-Afrikaanse spelers, is daar steeds soveel talent hier in die land dat die Springbokke steeds ’n span in die veld kan stoot wat sy man sal kan staan.

“Elke week is daar nog nuwe jong en talentvolle spelers wat ontdek word. Die groot ding is dat daar net reg gekies moet word wanneer die Springbok-span saamgestel word,” sê hy.

Wat die Loftus-stryd betref, glo Mordt albei spanne se ingesteldheid gaan wees om net seker te maak van die oorwinning en vier ligapunte en dat die bonuspunt daar iewers in die agterkop weggebêre sal wees.

“Die sleutel tot sukses in hierdie wedstryd gaan wees watter span die intense druk die beste kan hanteer. Albei spanne gaan in mekaar se gesig boer en gapings gaan min wees. Wie koelkop kan bly en daardie halwe geleenthede kan benut, gaan bo uitkom,” sê hy.

As een van die bobaas-vleuels wat Springbokrugby nóg opgelewer het, is Mordt baie opgewonde oor die jong vonds van die Leeus, Aphiwe Dyantyi.

“Hy is ongelooflik opwindend. Ek is mal oor hoe individualisties hy kan wees en hy is gewis ’n spelskepper. Dit is lieflik om só ’n talentvolle outjie te sien deurkom,” sê Mordt. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 43km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° #N/A #N/A