Bulle skop stof voor Suburbs
Bulle skop stof voor Suburbs

Bulle skop stof voor Suburbs

Klubrugby
Self die drie kere uit vyf wedstryde wanneer Rehoboth-rugbyklub vanjaar geklop is, was dit net naelskraaps ná 'n hewige mededinging wat die respek van sy teenstanders afgedwing het.

Dit is die vooruitsig wat môre op FNB Western Suburbs wag wanneer die Khomasdallers die reis na die suidedorp aanpak vir die begin van die tweede rondte van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga.

“Al vier ons Windhoek Draught Welwitschias-spelers is terug in die span,” sê die Rooi Bulle se voorsitter en spanbestuurder, Marschell Diergaardt, met verwysing na Henrique Olivier, Paulus Hangula, Hillian Beukes en Jeandre Cloete.

“Ons is tans in die vierde posisie op die puntelys en wil graag in die topvier bly. Die enigste manier hoe ons daar kan bly, is om ons tuiswedstryd teen Suburbs te wen.

“Ons steun baie op ons toeskouers en ons verwag dat die Rehoboth Hoërskool sportveld uit sy nate gaan bars van toeskouergetalle. Ons toeskouers volg noukeurig die stand van sake en hulle weet dat Saterdag se wedstryd een van die belangrikstes is vir ons om te wen.

“Western Suburbs is 'n gedugte span en is in hierdie stadium die gunsteling, maar ons gaan op die veld draf met net een doel en dit is om die wedstryd te wen – of dit met 'n halwe punt of twee punte is.

“Ons tweede span is gerieflik in die tweede plek en jaag Wanderers om die eerste plek oor te neem.

“Ons is gemotiveer deur Castle Lite se aankondiging van sy borgskap vandeesweek en sal hulle trots wil maak met 'n wen in ons nuwe drag. Ons as bestuur, spelers en toeskouers wil ons dank uitspreek teenoor Castle Lite.”

Castle Lite het aan Rehoboth-rugbyklub twee stelle truie, rugbybroekies en -sokkies, 57 gholfhemde (vir bestuur en spelers), 66 frokkies vir opwarming asook tien wedstrydballe geborg.

“Ons is regtig baie bly oor hierdie borgskap. Dit beteken vir ons baie. Ek dink dit het op die regte tyd gebeur met die aanvang van die tweede rondte en dit sal 'n baie goeie motivering vir die spelers wees,” sê Diergaardt.

Rehoboth se span: 15 Xavier van Wyk, 14 Paulus Hangula 13 Hillian Beukes, 12 Henrique Olivier, 11 Brandon Dentlinger, 10 Ascher Coetzee, 9 Elrich Jansen, 8 Johann Wohler (kapt), 7 Jeandre Cloete, 6 Chase Diergaardt, 5 Francois Visagie, 4 Elroy van Wyk, 3 Steven Fliede, 2 Chemegan Beukes, 1 Kevin Cloete.

Reserwes: Bennie Garab, Monzy Draghoender, Allister Groenewaldt, Lloyd van Wyk, Howard Titus, Deslee Beukes, Romeo Visagie, Chester Diergaardt, Titus Mathias.

• Môre se ander wedstryde in die premierliga (tuisspanne eerste): Trustco United teen Reho Falcon 15:45; FNB Unam teen Kudus 15:45.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!