Bulle sonder Duane as 2021-seisoen begin
Rugby
Cobus Claassen – Die Bulle gaan die 2021-seisoen met ’n nuwe kaptein begin nadat die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen ’n knieoperasie ondergaan het.
Vermeulen, wat dié span verlede maand tot Curriebeker-glorie gelei het, gaan nie vir die Bulle in die komende voorbereidingsreeks speel nie.
Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, sê Vermeulen het sy knie “laat skoonmaak” en sal vir sowat ses weke nie vir die span beskikbaar wees nie.
Daar is steeds hoop in Suid-Afrikaanse rugby dat die Reënboogbeker-kompetisie, wat ’n mini-Pro16-reeks sal wees, op 17 April sal afskop.
Vermeulen sal teen daardie tyd weer op sy pos wees om vir die Bulle voor te draf.
Arno Botha of Trevor Nyakane kan die span in Vermeulen se afwesigheid aanvoer.
By Loftus Versfeld is die plan om ’n paar jong spelers in die voorbereidingsreeks blootstelling te gee.
’n Speler soos die jong Muller Uys, wat al verlede jaar vir die Bulle Superrugby gespeel het, sal straks ’n kans kry om sy aanspraak op ’n plek in die beginspan te verstewig.
Die Bulle begin dié plaaslike kompetisie op 27 Februarie met ’n tuiswedstryd teen die Oostelike Provinsie Olifante.
Daar is ook spelers wat ’n langer voorseisoen gegun word, gegewe die Curriebeker-eindstryd wat op 30 Januarie beslis is.
Die Bulle is intussen steeds in die mark vir ’n plaasvervanger vir die Bok-skrumskakel Ivan van Zyl, wat in Junie na Engeland verhuis om vir Saracens te gaan speel.
Francois Hougaard het na wat verneem word besluit hy gaan nie terugkeer Pretoria toe nie en wil eerder in Brittanje aanbly om vir Britse burgerskap te kwalifiseer.
Zak Burger, Griekwas se belowende skrumskakel, is nou glo op die Bulle se radar.
Daar word verneem die Leeus stel ook in Burger belang. Die Poubloues se nr. 9 was een van die uitblinkers in die Curriebeker-reeks.
Hy is wel nog tot einde aanstaande jaar by die span van Kimberley gekontrakteer en is een van dié unie se topspelers.
Ofskoon Hougaard (32), wat vir die Worcester Warriors in Engeland speel, se ervaring en kennis van die toestande in die Noordelike Halfrond van groot waarde vir die Bulle in die Pro-reeks kon wees, word Burger, ’n Junior Bok in 2018, as ’n beter belegging op lang termyn beskou.
Die Springbokke Johan Goosen en Marcell Coetzee sal nie vroeër van hul kontrakte by Montpellier en Ulster vrygestel word nie en sal eers teen Junie by die Bulle aansluit.
– Netwerk24
FOTO
Die Springbok Duane Vermeulen gaan nie vir die Bulle in die komende voorbereidingsreeks speel nie. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie