Bundel maak droom vir Namibiese digters waar
“’n Bundel saamgestelde gedigte deur Namibiese skrywers, was so lank net ‘n droom,” vertel Marietjie Espach, onderwyseres en oud-bibliotekaresse.
Stemme uit Namibië 1 (Gemoedsrus) bestaan uit skryfsels van sestien Namibiese skrywers: Marietjie Espach, Jakes Espach, Henriëtte van Wyk, Marlene Erasmus, Louw Grobler, Loraine Kotze, Marsofine Krynauw, Mauritz du Preez, Estelle Robow, Annika Mouton, Meraai, Ana Niem, Annalize Burger, Clarice Theys, Jurie Viljoen en Corina Becker.
Elkeen van die skrywers het ‘n ATKV-Pluimpie toekenning vir hul gedig of storie ontvang. Daar is dus skryfsels van waaghalsige beginners tot woordkunstenaars wat reeds voorheen gepubliseer het.
Uit persoonlike gesprekke en via die Facebook-blad, Eggo jou stem, het Espach en Heleen Malherbe van Malherbe Uitgewers, gedagtes uitgeruil en met Stemme uit Namibië begin. Namibiese skrywers is uitgenooi om hul pennevrug op laasgenoemde webblad te plaas. Die saamstel van ‘n bundel met Namibiese skrywers was ‘n droom-waar-maak uitvloeisel.
Stemme uit Namibië 1 (Gemoedsrus) word tydens ‘n boekvrystelling op Donderdag, 2 Augustus 2018 om 18:00 by Die Muschel beskikbaar gestel. Dié boekvrystelling maak deel uit van die Windhoek Woordfees 2018.
“Ons poog om met die bekendstelling van hierdie bundel ook ander Namibiese skrywers te bereik en te betrek vir die volgende bundels.”
Oor ‘n glasie glühwein tydens die Swakopmund Skrywersgesprek op Donderdag, gaan Henriëtte van Wyk harte warm laat klop in ‘n kennismaak-gesprek met Marietjie Espach asook Estelle Rubow, Louw Grobler en Clarice Theys.
Tydens die Windhoek Skrywersgesprek op Saterdag, 4 Augustus 2018 om 11:00, gesels sy weer met Marietjie Espach en Clarice Theys, maar laat val ook die lig op Loraine Kotzé en Annika Mouton. Dié gesprek vind plaas by Maerua Rooftop en ook dáár sal Stemme uit Namibië 1(Gemoedsrus) te koop aangebied word.
Gaan maak jóú droom waar.
Plaas in kassie asb:
Gemoedsrus
Vandag
wil ek my siel ver-naak
en hom van alles stroop
wat so seer kan maak -
van hierdie bitter hoop
wat hierbinne wroeg en woed
en dit soos 'n pynbevange dier
uitspoeg
op papier
alles uitspoel
en 'n stilte voel
wat my wese met vrede voed ...
ek wil vergeet
en net vir een oomblik weet
dat my gedagtes ook stil kan staan
Marietjie Espach

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie