Bundestag se toerismekomitee op besoek
Duitse parlementariërs het Namibië besoek om toerismeontwikkeling te ondersoek.
Nege lede van die toerismekomitee van die Duitse federale parlement, die Bundestag, was van 28 Oktober tot 2 November in die land om ’n blik op die Namibiese toerismebedryf te kry.
Buiten ’n besoek aan die Zambezistreek, het hulle in Windhoek met die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en die speaker van die parlement, prof. Peter Katjavivi, vergader. Hulle het ook met me. Sophia Swart, voorsitter van die parlementêre komitee vir natuurlike hulpbronbestuur, en ander Namibiese parlementariërs samesprekings gevoer, sê die Duitse ambassade in ’n verklaring.
Tydens die besoek aan die Zambezistreek is hulle op die hoogte gebring van vordering met verskeie volhoubare hulpbronbestuurprojekte waarby Duitsland deur middel van ontwikkelingsamewerking betrokke is.
Dit sluit in ondersteuning aan nasionale parke en die bestuur van hierdie parke, geïntegreerde wildlewebestuur, gemeenskapsbewaring, biodiversiteitsbestuur, aanpassing by klimaatsverandering en oorgrensbewaring en die benutting van natuurlike hulpbronne, sê die ambassade in sy verklaring.
Die afvaardiging het ook met verteenwoordigers van die Toerismeraad, Namibia Wildlife Resorts, die toerismebedryf, entrepreneurs en die verteenwoordigers van die burgerlike sameweling vir gesprekvoering ontmoet.
Tydens ’n besoek aan die Silverspoon-gasvryheidsakademie is hulle ingelig oor die opleidingsgeleenthede vir mense wat ‘n loopbaan in die gasvryheidsbedryf oorweeg.
Namibië is ’n gewilde bestemming onder Duitse toeriste en sowat 80 000 Duitse toeriste kom jaarliks hierheen vir vakansie.
“Die besoek aan Namibië het vir die parlementariërs ’n goeie oorsig van toerismeontwikkeling in die land gegee en hulle was baie beïndruk met die natuurskoon en die betrokkenheid van plaaslike gemeenskappe in toerismeprogramme,” sê die ambassade.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie