Burgemeester reageer op Hentiesherrie
Die owerhede op ’n vakansiedorp langs die kus het hul stilswye ná ’n storm oor die feestyd verbreek.
Adolf Kaure – Hoewel alles nie maanskyn en rosegeur op Hentiesbaai is nie, is daar hoop vir dié vakansiedorp, sê die burgemeester.
Mnr. Herman /Honeb, Hentiesbaai se burgemeester, het gereageer op bewerings oor eiendom wat mnr. Engel !Nawatiseb, die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, bekom het.
Dié grond huisves die eertydse Solitude Beach Restaurant.
Inwoners beweer riool loop van die eiendom af in die straat in en oor die duine.
/Honeb sê met sy terugkeer na die dorp het hy die perseel besoek en ontdek daar is wel uitdagings.
Onder meer, sê die burgemeester, is die eiendom se bouplanne nie goedgekeur nie.
“Trouens, geen permanente struktuur word op die perseel toegelaat nie as deel van ’n verhuringsooreenkoms – behalwe op eie risiko.”
/Honeb sê dit was nie rioolwater wat uitgeloop het nie, maar kombuiswater.
Volgens hom word dié water weer vir ’n groenskema gebruik.
!Nawatiseb het volgens /Honeb aangedui hy het oorhoofse planne vir goedkeuring voorgelê wat gevolg moet word tot permanente strukture opgerig word.
Die burgemeester sê !Nawatiseb het die toegangsroetes geopen ná hy ingelig is dié paaie val buite die gehuurde erf.
/Honeb sê munisipale amptenare probeer tans vasstel wat die huurooreenkoms bepaal ná bewerings dat die eiendom onregmatig as huishoudelike erf bewoon word.
“Ek is daarvan ingelig dat die tydelike struktuur vir veiligheid is en vir die mense wat besig is om die struktuur te ontwerp en bou,” sê hy.
Volgens die burgemeester verwelkom hy !Nawatiseb en sy gesin se pogings om in die restaurant te belê as deel van ekonomiese ontwikkeling – mits die regte prosedures gevolg word.
“As ’n nasionale leier het die adjunkminister ons klein dorpie op verskillende maniere gehelp deur sterk werksbetrekkinge met verskeie ondernemings te vestig en beleggings in Hentiesbaai te versoek.”
/Honeb het vredeliewende inwoners gevra om saam te werk en oplossings te vind vir maatskaplike en ekonomiese ongeregtighede.
“Namibië is klein, maar ryk aan hulpbronne. Ons moet mekaar ondersteun om armoede uit te wis deur ’n samelewing wat deel en omgee.”
Hy sê sedert hy in 2016 aan bewind gekom het, het hy rasseintegrasie suksesvol op die dorp bewerkstellig.
“Daar is egter areas waarin ons moet verbeter. Wanneer harmonie bestaan, kan ons ons klein dorpie en die land ontwikkel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie