Burgemeester sê oor geslagsgeweld
Die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, sê die stadsraad is bekommerd oor die vlaag van geslagsgegronde geweld, onwettige plakkers en sinkhuisbrande wat die hoofstad teister.
Hy sê dié “maatskaplike kwessies” noodsaak “dringende ingryping en ondersteuning”.
Kazapua het Donderdagaand by die stadsraadsvergadering verwys na me. Katrina Kasita (38), wat onlangs dood is nadat haar kêrel glo hul sinkhuis aan die brand gesteek het. “As 'n raad en regering verwerp ons die verlies van onskuldige lewens en doen 'n beroep op Windhoek-inwoners om verdraagsaam te wees en respek vir menselewe aan die dag te lê.”
Kazapua het namens die stadsraad en Windhoek-inwoners sy medelye aan die oorledene se naasbestaandes oorgedra.
Die burgemeester het terselfdertyd gevra dat inwoners nie grond beset op plekke wat onbewoonbaar of vir nooddienste moeilik is om te bereik wanneer 'n brand ontstaan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie