Burger beklink derde titel by Hardap
Driekamp
Tielman van Lill – Die RMB Dr. Alphie Grobler Mariental-triathlon by Hardapdam het die afgelope naweek twee waardige wenners (Jean-Paul Burger en Benita Kasch) opgelewer.
Die gewilde byeenkoms was nie in 2019 óf verlede jaar aangebied nie. Dis die 21-jarige Burger se derde titel nadat hy dit in 2016 en 2017 gewen het toe Cheryl Young en Adelé de la Rey die onderskeie vrouewenners was.
Burger het die kompetisie in 2 ure 01 minuut 13 sekondes voltooi. Die veteraan Peter Brinkmann (2:24:37) was algeheel tweede, gevolg deur Jan Louis Mostert in 2:26:28.
By die vroue was Kasch in 2:31:03 te vinnig vir Anri Krugel (2:37:57) en De la Rey in 2:47:02.
Burger het aan Republikein gesê: “Die swem was vir my ’n uitdaging, want ek het vir byna ’n jaar nie geoefen nie. Die kompetisie was nie so sterk nie, want Divan du Plooy het nie deelgeneem nie.
“Ek was nogal verbaas met my tyd. In 2018 toe ek die wêreldkampioenskap gewen het, het ek (op Mariental) maar 1:59 behaal. My fietsry was die naweek baie sterk. Ek het die rekord in 58:53 verbeter wat voorheen 59 minute was.
“Die swem was toe nie te sleg nie. Ek was eerste uit die water uit op die fiets en het deurentyd voor gebly om te wen. Maar soos ek sê, daar was nie regtig kompetisie vir my nie.
“Die Mariental-triathlon is die oudste kompetisie in die land en ’n gunsteling van my. Vorige jare het groot name soos Tim Don deelgeneem toe dit nog ’n byeenkoms met wêreldbekerstatus was. So dis baie spesiaal vir my en ek is bly ek het gegaan.
“Die roete is uitdagend en die dag was warm met 42 grade celsius die middag. Maar ons het sewe uur begin en was nege-uur klaar. Oorlede dokter Alphie het fantastiese werk met die Mariental-byeenkoms gedoen en dis hoekom dit nog aangaan.
“Die kompetisie was baie goed gereël en die gemeenskap van Mariental is absoluut wonderlik met hul ondersteuning en bydrae om die byeenkoms suksesvol aan te bied.
“Ongelukkig is die borgskappe nie meer wat dit was nie. Moontlik weens die huidige ekonomiese klimaat. In die verlede was die pryse groter.”
Kasch het gesê: “Die Mariental-byeenkoms is altyd baie spesiaal. Die hele gemeenskap is betrokke om die kompetisie suksesvol te maak.
“My swem was goed en ek kon my voorsprong op die fiets en hardloop behou. Om by die Hardapdam te hardloop, is altyd moeilik, maar die ondersteuners by die waterpunte is wonderlik en spoor die atlete aan.
“Welgedaan aan al die deelnemers en baie dankie Mariental en die Namibiese Triathlonfederasie vir die byeenkoms nadat dit vir twee jaar nie aangebied was nie.”
Die voorste uitslae:
OLIMPIESE AFSTAND (1.5 km swem, 40 km fietsry, 10 km draf)
Algeheel mans: 1 Burger, 2 Brinkmann, 3 Mostert.
Algeheel vroue: 1 Kasch, 2 Krugel, 3 De la Rey.
Senior mans: 1 Burger, 2 Mostert, Luke Brinkmann (2:34:05).
Senior vroue: 1 Kasch, 2 Krugel, 3 Lelani Swart (2:53:03).
Veteraanmans: 1 Peter Brinkmann, 2 Paul Brinkmann (2:32:15), 3 Horst Neumann (2:38:26).
Veteraanvroue: 1 De la Rey, 2 Marion Schonecke (3:28:46).
Meestersmans: 1 Mark Brinkmann (2:40:40), 2 Christo Horn (2:44:42), 3 Frank Bombosch (2:52:14).
Meestersvroue: 1 Gerda Horn (3:02:59), 2 Karin Brockmann (3:14:01).
Grootmeestersmans: 1 Paddy Murphy (2:43:49).
Spanne: 1 Team Cathy (2:15:26), 2 Trail Blazers (2:34:34), 3 Worth a Tri (2:41:28).
SPRINT-AFSTAND (750 meter swem, 20 km fietsry, 5 km draf)
Algeheel mans: 1 JG van der Westhuizen (1:12:45), 2 JF Labuschagne (1:16:35), 3 Greg Chase (1:20:19).
Algeheel vroue: 1 Hilde-Marie Olivier (1:22:45), 2 Charmaine Shannon (1:34:46), 3 Corley Gilley Viljoen (1:35:05).
SUPERSPRINT (400 m swem, 10 km fietsry, 2.5 km draf)
Algeheel mans: 1 Nathan Chase (42 minute 22 sekondes), 2 Micah Chase (48:13), 3 Kian Brinkmann (48:42).
Algeheel vroue: 1 Bronwen Chase (55:10), 2 Jessica Bombosch (1:07:49), 3 Osche (1:22:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie