Burger bly uitgesproke
Die tweemalige Wêreldbeker-spankaptein sê aanstellings in die NRU behoort met 'n hoër vlak van visie en professionaliteit te geskied.
Tielman van Lill – Jacques Burger, volgens vele gesaghebbende waarnemers een van die taaiste voorspelers en mees doeltreffende plettervatters in die geskiedenis van die sport, het in 2016 ná 'n lang loopbaan uit internasionale en klubrugby getree.
Burger, wat sedert 2010 in 100 wedstryde vir sy Engelse klub Saracens uitgedraf het, het deur die jare sy lyf vir rugby opgeoffer. Talle operasies is gedurende sy lang loopbaan op Burger uitgevoer ná ernstige beserings.
Burger (nou 36), wat sedert sy uittrede naby Aranos boer, het in 'n video-onderhoud met Jim Hamilton, 'n gewese spanmaat by Saracens en Skotland-slot, van sy lewe ná die spel vertel.
Die uitgetrede losvoorspeler het twee dubbele rekonstruksies aan beide wangbene gehad; daar is drie keer aan sy skouers gesny, en 'n stuk of tien keer aan sy regterknie. Behalwe die chirurgiese prosedures het hy etlike kere sy ribbes, vingers asook neus gebreek.
Hy sê: “Vandag kan ek nie meer hardloop of in die gimnasium met gewigte oefen nie. Nadat jy uitgetree het, affekteer rugby steeds jou lewe. Dit was 'n vreemde ervaring en dit het heelwat tyd geneem om aan my nuwe lewe op die plaas na my uittrede gewoond te raak.
“Maar dit is werklik 'n wonderlike ervaring en ek geniet my tyd op die plaas. Ons het wel die afgelope twee jaar 'n strawwe droogte ondervind, maar daar is niks wat ek werklik oor kan kla nie. Die sonnige dae is wonderlik en my gesin is gelukkig.
“Ek kan dit nie ontken nie: die eerste jaar wat ons terug in Namibië was, was moontlik die moeilikste, want ons was lank weg en alles is vreemd en anders. Maar dit was wonderlik. Ek het die laaste jaar voor my uittrede geweldig baie pyn gehad en kon nie meer speel soos ek wou nie.
“Ek het moontlik 'n jaar later die spel vaarwel geroep as wat ek moes. Maar ek wou graag nog een jaar speel. Ek het die rus nodig gehad en geweet dit is nie meer nodig om elke dag deur die pyn te worstel nie.
“Dit was goed om te rus en te herstel, maar dit was nie lank voor ek die rugby begin mis het nie. Omrede ek so geïsoleer en ver weg van alles was, het ek verlore begin voel. Wat is jy dan? Net 'n gewese rugbyspeler en daar is niemand wat jou vir jou moeite beloon nie.
“Dit is twee uiteenlopende wêrelde. Dis net jy en jou gesin op die plaas en ek werk baie alleen. Maar dit is nog steeds 'n fantastiese leefstyl. Natuurlik mis ek die ouens en die sosiale lewe, want Saracens is 'n wonderlike klub wat goed na sy spelers gekyk het.
“Ek het hier baie vriende en ons braai gereeld, maar tog mis ek my vriende wat ek daar gehad het. Ek wonder baie dae wat julle ouens doen en as ek na Saracens se wedstryde kyk, voel dit soos jare gelede wat ek daar was.
“Ek wou sedert my kinderdae net rugby speel en dit was my droom wat 'n realiteit geword het.”
AANPASSING
Burger is een van daardie spelers wat ná elke wedstryd gelyk het of hy in 'n oorlog was, maar sy opoffering het oor die jare sy tol geëis.
“Wat my die laaste jaar gefrustreer het, was die feit dat ek nie meer kon oefen en speel soos ek wou nie. My liggaam het al swakker geword terwyl die ander ouens beter word. As ek speel, wil ek my volle bydrae lewer en woeker. Toe ek op 28 by Saracens begin het, was ek 'n dier vir wie niks kon stuit nie. Ek het in Frankryk 36 klubwedstryde agtereenvolgens vir 80 minute gespeel en was nie een keer by die fisio vir behandeling nie.
“Ek dink indien ek as jong speler beter na myself gekyk het, kon dinge baie anders gewees het. Maar ek dink ook nie daar is veel wat ek anders sou gedoen het nie.
“Ná 'n groot knie-operasie in Stellenbosch het die fisoterapeut die volgende oggend vir my gesê dit is die einde van my rugbyloopbaan. Om die minste te sê, ek was onmiddellik kwaad. Dit is my lewe en hoe kan iemand vir my vertel ek kan nie meer rugby speel nie?
“Ek sal binne die volgende paar jaar 'n skouer- en knievervanging moet kry, want die ou parte kan nie veel meer aan gedoen word nie. Hopelik is daar in die volgende tien jaar topvervangings beskikbaar,” het hy vertel.
HOëR VERWAGTINGE
Burger se passie en liefde vir rugby brand beslis nog hoog.
“Omrede ek kon, was ek sedert my uittrede redelik krities en uitgesproke en ek kan sê wat ek dink reg of verkeerd is.
“Rugby is in ons bloed; almal is lief vir rugby. Ons het soveel talent in Namibië, maar niks word vir die kinders in arm gemeenskappe gedoen om hulle van die strate te kry en hul talent te ontwikkel nie. Meer kinders moet aan rugby blootgestel word, want daar is hordes wat nie 'n televisie het nie.
“Ons is net 2.5 miljoen mense in die land, maar ons het soveel talent hier wat ontgin kan word. Net 'n voorbeeld, ons (hy en 'n paar Engelse rugbymaats) het in Nairobi, Kenia, in die armste van arm gebiede vir 'n week lank rugbyklinieke aangebied. Dit was ongelooflik om te sien wat Kenia vir die spel doen.
“Binne 'n week was daar soveel kinders wat nooit tevore van rugby gehoor het nie, wat die spel verskriklik geniet het. Rugby gaan oor 'n kultuur, dissipline, respek, waardes, harde werk en strukture. Rugby het die vermoë om mense se lewens te verander.
“Dit is wat ek graag in Namibië sal wil doen. Dink net oor 20 jaar hoeveel suksesstories kan uit 'n groep seuns kom wat in supersterre ontwikkel het? En dit gebeur net omdat iemand omgegee het om 'n saadjie te plant wat tot sukses kan groei.
“Wat my die meeste frustreer, is dat hier by ons niks gedoen word om rugby te bevorder nie. Die Namibië Rugbyunie (NRU) maak nie deurdagte aanstellings nie. Dit help nie 'n persoon het 'n vlak 3-afrigtingsertifikaat nie. Hy moet deur die meul gegaan het om te weet hoe rugby en sy wese werk.
“Ons het mense nodig wat die nodige ondervinding opgedoen het. Toe Phil Davies aangestel was, het hy wondere vir ons beteken. Ek het dit aan die NRU verduidelik dat ons die kaliber mense soos Phil nodig het, want ons het nie plaaslik die kennis om dit te doen nie.
“Rugby gaan by ons by die dag agteruit. Wêreldrugby het ons beslis die geleentheid gegee, maar hulle is moeg vir ons. Daar is mense wat vir ons geld kan gee, maar hulle wil dit nie vir die NRU gee nie. Die redes daarvoor is legio.
“Ek sal graag by rugby betrokke wil raak, maar is nie bereid om saam met selfsugtige mense te werk wat nie weet wat hulle doen nie. Ek wil mense sien wat daarin glo dat Namibië 'n Wêreldbekerwedstryd kan wen of na die volgende ronde kan deurdring of selfs onder die top-15 ter wêreld kan tel.
“My passie is steeds nie geblus nie. Dinge by die NRU sal hulself met die tyd uitwoed. Ek is net bevrees dit gaan te lank vat en intussen rig dit geweldige skade aan ons rugby aan. Ek sal graag by die plaaslike skool betrokke wil raak en sien hoe die seuns ontwikkel en groei.
“Maar ek sal nie stilbly nie. Daar is nie 'n manier nie. Ek glo die regte mense sal wel met die tyd aangestel word. Ons het iemand met 'n visie en geloof nodig wat die spel kan laat groei en in die regte rigting stuur,” het hy verduidelik.
• Burger het ná sy skooldae by WHS wye ondervinding in sy senior loopbaan opgedoen.
Sy eerste provinsiale kontrak was by Griekwas (2005–2007, 29 wedstryde), waarna hy een seisoen by Aurillac in Frankryk deurgebring het.
Vanaf 2008 tot 2010 was hy in diens by die Blou Bulle wat hom in 25 wedstryde ingespan het, hoewel hulle Deon Stegman verkies het en hy dus net twee wedstryde in Superrugby gespeel het. Sy grootste deurbraak was ongetwyfeld gedurende sy honderdtal by Saracens (2010–2016) in 'n tydperk waarin die spogklub Engelse premierliga- en Europese Beker-titels verower het.
In sy loopbaan vir Namibië het Burger 41 toetse tussen 2004 en 2015 gespeel, waarvan 17 as kaptein was. Dit het die Wêreldbekers van 2007, 2011 en 2015 ingesluit.
• Die video-onderhoud kan op www.rugbydump.com gekyk word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie