Burgerlike slagoffers stroom na Mosoel-kliniek
Irak
Swart gepantserde voertuie jaag daagliks na die kliniek van die teen-terroriste diens in Mosoel in Irak, en bring slagoffers van die gevegte teen die Islamitiese Staat-groep (IS) vir behandeling.
Amerikaans-gesteunde magte wat veg om IS uit die stad te verdryf, staar swaar weerstand in die gesig van vegters wat motorbomme en menslike skilde gebruik om die Irakse magte se vordering te stuit.
“Die meeste slagoffers is burgerlikes,” het ‘n mediese beampte by die kliniek in die Kokjali-gebied gesê.
IS vuur gereeld mortiere in die omgewing van die kliniek af. Een van die grootste uitdagings is om gebiede wat deur die spesiale magte herower is, te behou. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie