Burgerskapuitspraak uitgestel tot Oktober
Jana-Mari Smith – Die langverwagte uitspraak oor die burgerskapaansoek van mnre. Phillip Lühl en Guillermo Delgado se tweejarige seun is tot 13 Oktober weens Covid-19-komplikasies uitgestel.
Die Namibia Equal Rights Movement (NERM) wat kampvegters vir Namibiërs se menseregte is insluitend LGBTQ-gesinne en -individue, was ontsteld omdat die saak uitgestel is.
“Ná twee jaar van die regsgeding . . . ons is teleurgesteld dat die saak weer eens uitstel is. Dit het 'n geweldige impak op die familie, omdat dit hulle kinders staatloos laat. Ons sal aanhou om vir geregtigheid te baklei,” het die NERM gesê.
Die hofuitspraak sal bepaal of die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veilighed en sekuriteit, burgerskap op grond van herkoms aan Yona Delgado-Lühl sal toestaan. Yona is in Maart 2019 deur surrogaatskap gebore. Die beslissing sal ook 'n impak hê of sy jonger sussies, Paula en Maya, burgerskap sal kry.
Die peuter is vir die afgelope twee jaar staatloos. Die saak het vrae laat ontstaan wat groepe van gelyke regte as “staatshomofobie klassifiseer”.
Al drie kinders is in besit van oorspronklike Suid-Afrikaanse geboortesertifikate wat Lühl en Delgado as die kinders se wettige en enigste ouers erken. Die Suid-Afrikaanse hoërhof het bykomend hofbevele uitgereik wat die ouerskap en surrogaat-ooreenkomste erken, sowel as die ouerskap van die mans.
STAAT SE HOUDING
Voordat die uitstel aangekondig is, het die NERM gewaarsku die saak beklemtoon die twyfelagtige houding van die regering teenoor LGBTQ+ Namibiërs en hul gesinne, wat heteroseksuele Namibiërs wat in die buiteland kinders gekry het deur aanneming, surrogaatskap of in-vitro-bevrugting nie hoef te verduur nie.
“In 'n vry Namibië het kinders nou kollateraal geword van die homofobiese beleid van die regering. Dit behoort vir alle Namibiërs kommerwekkend te wees dat die ministerie van binnelandse sake staatlose kinders skep net omdat hul ouers in 'n verhouding van dieselfdegeslag is. Belastingbetalers se geld wat gebruik word om gesinne te skei en kinders te benadeel, is nie die vrye Namibië waarvoor ons geveg het nie.”
Die organisasie het gewaarsku as die hof weier om namens die Delgado-Lühl-familie in te gryp, sal dit 'n gevaarlike konstitusionele voorbeeld skep en 'n impak hê op 'n Namibiër wat 'n kind in die buiteland wil hê wat nie biologies verwant is nie, hetsy via surrogaatskap, in vitro-bevrugting of aanneming.
Die afgelope maande het verskeie regskenners ook opgemerk dat howe, afgesien van die kwessie van ouerskap, die regte van die kinders in ag moet neem en hul welstand en veiligheid 'n prioriteit moet maak. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie