Burkiniu2019s veroorsaak vonke in nominasiewedloop
Burkiniu2019s veroorsaak vonke in nominasiewedloop

Burkini’s veroorsaak vonke in nominasiewedloop

Frankryk
Estelle de Bruyn
Die veldtog om ’n sentraal-regse kandidaat vir Frankryk se presidentsverkiesing te kies, het tot ’n woordestryd tussen oudpres. Nicolas Sarkozy en sy hoofopponent, Alain Juppe, oor die verbod op burkini-swemdrag gelei.
Die vonke tussen die twee kandidate vir November se eerste ooit sentraal-regse voorverkiesing volg nadat ver­skeie Franse burgemeesters besluit het om ’n bevel te veront­agsaam wat Vrydag deur Frankryk se hoogste administratiewe hof uit­gereik is. Ingevolge die bevel word die verbod op burkini’s opgehef.
Die uitgesproke Sarkozy, wat van 2007 tot 2012 president was, het gesê Frankryk het die reg om sy sekulêre lewenswyse te beskerm.
“Ons wil geen uiterlike tekens in ons land hê wat daarop dui dat ’n persoon tot ’n sekere geloof behoort nie,” het hy die naweek gesê.
Juppe, ’n voormalige eerste minister wat volgens meningspeilings Frank­ryk se gewildste politikus is, het op sy beurt gesê hy wil eerder mense verenig pleks van die vuur verder stook. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!