Bus- en taxitariewe met 15% verhoog
Die Padvervoerraad van Namibië het gister ’n prysverhoging van 15% vir bus- en taxitariewe goedgekeur.
Die voorsitter van die raad, mnr. Browny Mutrifa, het vanoggend bevestig die goedkeuring sal van gister van krag wees.
Die verhoging is ‘n finansiële noodmaatreël vir die bedryf, wat net geldig is tot die einde van die nasionale noodtoestand, sê hy.
Pres. Hage Geingob het op 17 Maart vanjaar in reaksie tot die uitbreking van Covid-19 ’n noodtoestand in die land afgekondig en sal vir ses maande van krag wees.
Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie