Bush: Moenie bystand vir Afrika verminder

Oudpresident van VSA en gade besoek Namibië
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ‘n Duidelike boodskap is gister aan die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Amerikaanse kongres gestuur om nie aan projekte soos die President se Noodplan vir Vigs-verligting (Pepfar) te sny nie.

Met die blitsbesoek van oudpres. George W. Bush en me. Laura Bush aan Namibië gister, is klem gelê op die miljoene lewens wat gered word danksy antiretrovirale behandeling wat die oordrag van MIV/vigs van swanger moeders na ongebore babas voorkom.

In ‘n kwalik versteekte verwysings na die Trump-Withuis se uitlatings dat geld vir buitelandse hulp aansienlik gesny sal word, het Bush ná afloop van sy amptelike program gistermiddag gesê dit is belangrik om te verstaan dat dit in internasionale belang is om regerings te help wat met die MIV/vigs-pandemie te kampe het.

“Vyftien jaar gelede het dit gelyk asof hierdie pandemie lande ten gronde sou laat gaan.

“Dit is belangrik vir die mense van Amerika om te sien dat hulp steeds benodig word en dat ons nie kan wegstap van lande terwyl daar nog so baie is om te doen nie,” het Bush tydens ‘n kort mediakonferensie gesê.

By die kraamsaal van die Windhoek Sentrale hospitaal, het die egpaar en Namibië se presidentsvrou, me. Monica Geingos, eerstehands gehoor van moeders wat MIV-positief is en gesonde babas in die wêreld gebring het. Aangrypende verhale is vertel en die moeders het hul opregte dank aan die Namibiese en Amerikaanse regerings betuig vir die bystand en gevra dat die Pepfar-projek moet voortgaan.

Hierna het die besoekers ‘n hospitaalsaal besoek waarna in die kapel ‘n gespreksforum, onder voorsitterskap van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, deur internasionale en plaaslike kenners oor MIV/vigs en servikale kanker gehou is.

Die geleentheid is ook deur 'n voormalige Namibiese presidentsvrou, me. Penehupifo Pohamba, bygewoon.

Bush het by die geleentheid me. Geingos geloof vir die werk wat sy doen om jongmense bewus te maak van gesondheidskwessies en vir die feit dat sy nie skroom om sensitiewe onderwerpe aan te roer nie.

“Dis belangrik vir die mense van Amerika om voort te gaan om medemenslikheid te toon. Miljoene mense het by Pepfar gebaat en dit het meegebring dat regerings in Afrika nou ook die behandeling ernstig opneem.

“Dit is belangrik dat mense vir MIV/vigs getoets word en dan behandeling ontvang. Baie meer moet nog gedoen word omdat regerings in Afrika nog nie in staat is om alleen hierdie projekte te finansier nie.”

Me. Geingos het by die geleentheid gesê die beste manier om die uitdagings die hoof te bied, is deur vennootskappe. Sy het die Amerikaanse regering vir Pepfar en ook die Globale Fonds bedank en gesê saam met die regering word uitstekende werk gedoen. Tog meen sy die private sektor in Namibië moet nouer betrokke raak en ook bystand verleen.

“Ek is veral dankbaar, dat ondanks die feit dat Namibië ‘n hoër middelinkomste land is, dit nie Pepfar se betrokkenheid in Namibië laat afneem het nie. Ons kan nie ‘n verandering in finansiering bekostig nie,” het sy gesê.

Pepfar was een van die inisiatiewe wat die Amerikaanse regering tydens Bush se presidentstermyne aanvaar het.

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A