Bushblok: Volhoubaar betroubaar
Namibië se bewaringsfonds vir jagluiperds se biomassa-aanleg vorder goed.
Augetto Graig - Bushblok is die Cheetah Conservation Fund (CCF) se handelsmerknaam vir die biomassa-houtskoolstompe vervaardig uit indringerbos wat by hul aanleg naby Otjiwarongo verwerk en verpak word.
Die aanleg is in 2017 op Plaas Elandsvreugde #367 voltooi, en is deel van die CCF se werk om die Namibiese veld vir inheemse wild en roofdiere te herstel.
Dié projek is al in 2001 met die ondersteuning van die Verenigde State van Amerika se agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) begin. Daarmee word gepoog om 'n betroubare verskaffer van saamgeperste houtbrikette gemaak van indringerbos te word, asook die volhoubare gebruik van indringerbos aan te moedig, werksgeleenthede te skep, opleiding te bied en voorheen benadeelde Namibiërs te bevorder.
Ander doelwitte is om vir Namibiërs sakegeleenthede te skep, omsigtige standaarde vir die nuwe biomassabedryf te help opstel, en om die gebruik van inheemse Namibiese bome vir vuurmaak te verminder.
Mnre. Matti Nghikembua, die senior ekoloog by die CCF, en David Shipingana, navorsingtegnikus by CCF Bushblok, is passievol oor die vordering van die inisiatief.
Volgens Shipingana is die onlangse aanneem van biomassagebruik en kommersiële benutting van indringerbos 'n stap in die regte rigting.
“Die regering probeer mense bemagtig,” sê hy.
Een van die jongste droogteverligtingstappe wat die regering gedoen het, is om die aankoop van bosverwerkingsmasjiene te vergemaklik deur finansiering daarvoor beskikbaar te stel. Die Namibiese Houtskoolvereniging (NCA) en N-Big, die Namibiese biomassa-nywerheidsgroep, het in Augustus die tweede Biomassategnologie-ekspo met sukses gehou waar die toenemende belang van die gebruike van indringerbos uitgelig is.
Volgens Nghikembua kan die oes van indringerbos ook die waardevolle, inheemse bosse op Namibiese beskadig.
Hy sê amptenare van die omgewing- en landbouministeries in die veld moet behoorlik opgelei word om oespermitte na behoorlike oorweging uit te reik en die gebruik daarvan deeglik te monitor.
“Sertifisering, standaardisering van oestegnieke en beste praktyk is die oplossing,” sê hy. “Ons werk reeds saam met die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) wat opleiding betref,” sê hy.
“Daar is nuwe regulasies om die mense as bewaarders van die land se hulpbronne te bemagtig. Die omgewing- en landbouministeries het 'n nuwe beleid. Oespermitte sal beperk word en diegene wat wil oes, moet eers vir 'n omgewingsklaringsertifikaat aansoek doen,” sê hy.
Die jong wetenskaplike erken daar sal in Namibië altyd skuiwergate in die wetgewing wees, maar dit is nie rede tot kommer nie.
“Namibië se bedryf is betroubaar en die land probeer mense bemagtig. Ons moet vertrou in dit wat die regering bepaal, en verseker burgers buit dit nie uit nie,” sê hy.
Een manier om burgers se samewerking in omgewingsbewaring te verseker, is deur werknemers in die biomassabedryf goed te behandel. By die biomassa-aanleg word dit met sukses toegepas.
“Ons werknemers word goed na gekyk,” sê Nghikembua. “Ons het goeie standaarde.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie