Busse in Londen loop dalk binnekort op koffie-kapitaal
Busse in Londen loop dalk binnekort op koffie-kapitaal

Busse in Londen loop dalk binnekort op koffie-kapitaal

Dit is nie net mense wat van 'n lekker koppie koffie hou nie.

Busse in Londen, Brittanje, gaan binnekort ook koffie “drink”.

bio-bean, 'n maatskappy wat op tegnologie fokus, en Royal Dutch Shell, gaan brandstof van gebruikte koffiebone maak.

Die maatskappy het Maandag in 'n verklaring gesê koffieolie sal van die boontjies onttrek word om die nuwe brandstof te skep.

Dit sal by die brandstof wat die busse reeds gebruik, gevoeg word.

Die busse se enjins hoef nie ­verander te word om die brandstof te kan gebruik nie.

bio-bean en sy vennoot Argent Energy het al genoeg koffieolie ­geproduseer om een bus vir 'n jaar lank te kan aandryf.

Dit is nou wanneer dit as 'n suiwer gemengde olie in 'n biobrandstof gebruik word.

Die olie maak 20% uit van 'n mengsel van minerale diesel om 'n produk genaamd B20-brandstof te maak. Transport for London, wat die busse in dié stad bedryf, gebruik 'n tyd lank reeds biobrandstof vir busse om uitlaat­gasse te help verminder.

Hy toets ook biobrandstof van ou olie wat deur die spyseniering­sektor gebruik word.

bio-bean sê die gemiddelde inwoner in Londen drink 2,3 koppies koffie per dag.

Dit lewer meer as 200 000 ­gebruikte boontjies in 'n jaar.

Die maatskappy gaan haal die ou boontjies by bekende restaurante en fabrieke.

Dit word dan gedroog en verwerk om die olie te kan onttrek.

“Dit is 'n wonderlike voorbeeld van wat gedoen kan word as ons na afval as 'n ongebruikte hulpbron kyk,” sê Arthur Kay, die stigter van bio-bean.

Shell ondersteun die koffie-tegnologie. - Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!