Buurland se Ford Rangers gewild in Europa
Buurland se Ford Rangers gewild in Europa

Buurland se Ford Rangers gewild in Europa

William Horne – Ford Ranger-bakkies wat by die Silverton-aanleg in Pretoria vervaardig word, het in 2018 soos soetkoek verkoop in sy uitvoermarkte, met ’n 16,2%-styging in internasionale verskepings.

Luidens ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, het Ford 68 364 van sy gewilde Ford Ranger-bakkies na uitvoermarkte verskeep, met Europa as die grootste uitvoerbestemming.

“2018 was ’n baie besige en suksesvolle jaar vir ons uitvoerbedrywighede. Ons het ons hoogste produksievolume tot nog toe vir die Ford Ranger behaal,” sê Neale Hill, besturende direkteur van Ford in Afrika suid van die Sahara.

Ford bly volgens hom die onbetwiste leier in Suid-Afrika ten opsigte van die uitvoer van ligte kommersiële voertuie.

Ford Suid-Afrika het onlangs R3 miljard bestee aan opknappings by sy plaaslike bedrywighede om produksievolumes te verhoog. Dit was onder meer ook ter voorbereiding van die bekendstelling van die nuwe Ranger Raptor, wat ook plaaslik vervaardig gaan word.

Die totale plaaslike produksievolume van die Ford Ranger was in 2018 9,3% hoër op 98 505 eenhede, waarvan ’n rekord 11 091 net in Desember vervaardig is.

Dit het gehelp om te voldoen aan die toenemende vraag na die Ford Ranger in Europa, waarheen die meeste van Suid-Afrika se Rangers uitgevoer is.

Volgens Ford is ’n rekord 51 500 Ranger-bakkies in die sogenaamde EU20-lande – tradisioneel die top- Europese motormarkte – in 2018 verkoop.

Die Ranger-bakkie het sy topposisie in die segment vir ligte kommersiële voertuie in die EU20 behou en sy markaandeel met 1,4 persentasiepunt tot 27,7% opgestoot.

“Die sukses van die Ranger word weerspieël in die markaandeel wat dit in Europa het, ’n streek wat van die mees kritiese en veeleisende klante in die wêreld verteenwoordig,” sê Hill.

“Dit is ’n pluimpie vir al ons werknemers en verskaffers wat ’n wesenlike rol speel om ons te help om ons belangrike uitvoeronderneming verder uit te brei, terwyl ons steeds verseker dat ons topgehalte-voertuie aan ons klante plaaslik en wêreldwyd lewer.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!