• Tuisblad
  • Sake
  • Buurlande sê nee dankie vir SA se verwerkte vleis
Buurlande su00ea nee dankie vir SA se verwerkte vleis
Buurlande su00ea nee dankie vir SA se verwerkte vleis

Buurlande sê nee dankie vir SA se verwerkte vleis

Verskeie lande waarheen Suid-Afrika verwerkte vleisprodukte uitgevoer het, het reeds aangedui dat die produkte nie meer op hul winkelrakke welkom is nie.
Vida Booysen en Elvira Wood

Botswana het die jongste buurland van Suid-Afrika geword wat ’n verbod op verwerkte vleisprodukte uit Suid-Afrika plaas.

Dit volg op ’n soortgelyke verbod deur Namibië, Malawi, Mosambiek en Zambië ná die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika, met ’n fabriek wat verwerkte vleis produseer, wat daarmee verbind word.

Rwanda het vroeër ’n verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse vleis, melk en suiwelprodukte, groente en vrugte geplaas weens vrese oor listeriose. Zambië se verbod sluit ook suiwelprodukte, vrugte en groente uit Suid-Afrika in.

Dié stappe kom nadat die departement van gesondheid Sondag aangekondig het dat die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane die bron van die uitbreking van ’n dodelike stam van listeriose is.

Die aanleg, wat deur Tiger Brands bedryf word, het Maandag aangekondig dat hulle alle produksie staak en dat alle Enterprise-produkte herroep word.

Tekens van listeriose is ook in die Enterprise-fabriek in Germiston en die Rainbow Chicken Limited (RCL)-fabriek in Wolwehoek, Sasolburg, gevind, maar dit is nog nie bevestig watter stam dit is nie.

Produksie by hierdie fabrieke is ook gestaak en al drie aanlegte sal eers weer voldoeningsertifikate ingevolge die Wet op Nasionale Gesondheid moet kry.

Tiger Brands voer volgens sy jongste jaarverslag verwerkte vleisprodukte na minstens 19 Afrika-lande en ook na Chili uit.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se statistieke het Suid-Afrika in 2017 R1,8 miljard se “voorbereide vleis en vis” na verskeie lande uitgevoer. Dit is egter nie duidelik presies watter vleisprodukte onder dié definisie val nie. Die meeste van dié produkte word na Lesotho uitgevoer, gevolg deur Namibië, Duitsland, Botswana en Hongkong.

Intussen het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aan Reuters gesê die Suid-Afrikaanse listeriose-uitbreking wat al tot die dood van 180 mense gelei het, is die grootste uitbreking van die dodelike stam van die siekte wat tot dusver in die wêreld aangeteken is. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!