Bybels vir Namibië

Selfs die Koekhoegowab-gemeenskap ontvang binnekort ’n jeugvriendelike vertaling van die Bybel.
font face="Verdana" >

Die Bybelgenootskap van Namibië het hul beleggers van die afgelope twee jaar onlangs vir hul gereelde en getroue finansiële bydraes tot die genootskap bedank.

“Ons wil die lede van die Bible Investors’ Club bedank. Jul maandelikse skenkings help ons om die Bybel te deel in ’n tyd wat ons land se mense hoop nodig het,” het dr. Schalk Botha, uitvoerende hoof van die Bible Society of Namibia, gesê.

Die afgelope twee jaar kon die organisasie na verskeie gemeenskappe in Namibië uitreik. Sonaangedrewe oudio-Bybels, met meer as 80 Bybelstories, kon aan die Ovahimba-gemeenskap geskenk word.

Die Dhimba-mense het ook ’n opname van die Bybel op ’n toestel wat deur sonkrag aangedryf word in hul moedertaal ontvang.

Die genootskap beplan ’n geletterdheidsprojek vir dié wat nie kan lees nie.

Die Koekhoegowab-gemeenskap ontvang binnekort ’n jeugvriendelike vertaling van die Bybel – die produk van 14 jaar se harde werk.

’n Hersiene weergawe van die Otjiherero-Bybel sal voor die einde van 2020 beskikbaar wees.

Vir die eerste keer in Namibië is ’n Kinderbybel in vier plaaslike tale vertaal en opgeneem vir dié wat nie kan lees nie.

Die Bybelgenootskap van Namibië kon die afgelope twee jaar 900 traumaslagoffers bystaan, wat 550 volwassenes en 350 kinders insluit.

Die verspreiding van Bybels onder verskeie gemeenskappe, soos Osire, Namibië se vlugtelingkamp, en in Namibiese tronke, vergemaklik die verwerking van trauma.

“Ek vra julle om asseblief nooit op te hou om in ons mense se geestelike transformasie te belê nie. Solank mense soos julle ons ondersteun, sal ons met ons werk voortgaan. Ons sal die Bybel vir Namibiërs toeganklik maak,” het Botha gesê.

Hy het die genootskap se leisels onlangs oorgeneem, en sê sy langtermyndoelwit is om alle Christelike Namibiërs aan te moedig om die Bybel te vier.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!